Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 286

284 houdingshandleiding en ’n noodplan tesame met aansoekvorm DW 696E behels). Na voltooiing van alle bouwerk moet die GPP ’n voltooiingsverslag, voltooiingstekeninge en ’n voltooiingsertifikaat voorlê waarin verklaar word dat die werk volgens sy of haar spesifikasies voltooi is. As die dam klaar is, moet dit op vorm DW 693E geregistreer word. Vereistes kragtens omgewingswette Die voorskrifte en regulasies van Goewermentskennisgewing GN 385, GN 386 EN GN 387, gedateer 21 April 2006, wat uitgevaardig is kragtens artikel 24, 24D en 24[5], gelees saam met artikel 44 van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur, 1998 (Wet No 107 van 1998) wat handel oor die beheer oor bedrywighede wat nadelig mag wees vir die omgewing, moet nagekom word. Gewoonlik word vereis dat ’n omgewingsimpakstudie gedoen word voordat die bou van ’n nuwe dam of die verhoging of herbou van ’n bestaande dam gemagtig word. Geskrewe magtiging moet van die betrokke departement van die provinsiale regering verkry word voordat met die projek begin kan word. 3. Regsvereistes vir bestaande damme Geregtigdheid op watergebruik In artikel 21( b) van die Nasionale Waterwet, 1998 (Wet 36 van 1998) word die berging van water as ’n watergebruik omskryf. As meer as 10 000 kubieke meter water geberg word, of as ’n dam ’n volvoorraadoppervalkte van meer as 1,0 hektaar het, moet die watergebruik geregistreer word op ’n vorm wat die streekdirekteur vir hierdie doel sal verskaf. Maar in sommige waterbestuursareas maak die algemene magtiging nie voorsiening vir enige dam, ongeag die grootte daarvan, buite die lisensiëringsprosedure nie, en alle damme moet in hierdie gebiede geregistreer word. Skakel asseblief die betrokke streekkantoor vir meer inligting hieroor. Vereistes ingevolge damveiligheidswette • Alle damme wat ’n veiligheidsrisiko inhou (’n dam waarvan die wal hoër is as 5,0 m, en wat meer as 50 000 m3 hou, moet op vorm DW 693E geregistreer word. Die departement moet verwittig word indien van die besonderhede verander (eienaar van die dam, adres, telefoonnommers, persoon in beheer, en dies meer). • Die dam moet op ’n verantwoordelike manier bedryf en in stand gehou word. In wese word vereis dat die eienaar of die persoon wat die eienaar aanstel die dam gereeld (minstens elke week) moet besoek en inspekteer. Instandhoudingswerk moet gereeld aan die dam gedoen word. Wanneer toestande onveilig is, moet nood en veiligheidsmaatreëls ingestel word en die departement moet daaroor ingelig word. • Die eienaar van die dam moet reëlings tref vir die uitvoering van ’n formele veiligheidsinspeksie van die dam wanneer die departement dit vereis (met tussenposes van 5 tot 10 jaar). In die geval van kategorie II- en III-damme moet die inspeksie deur die GPP uitgevoer word. In die geval van ’n kategorie I-dam word nie voorgeskryf wie die inspeksie moet doen nie, maar dit is in die eienaar se belang om ’n ervare persoon aan te stel om hierdie taak uit te voer. Die inspeksieverslag sal, as dit nodig is, aandui of werk gedoen moet word om die dam veilig te maak. 5. Belanghebbendes Verenigings wat betrokke is • Ingenieursraad van Suid-Afrika – www.ecsa.co.za • Suid-Afrikaanse Nasionale Komitee oor Groot Damme (SANCOLD) – 021 808 2100 / 012 460 7100 • Suid-Afrikaanse Instituut van Landbouingenieurs (SAILI) – http:// saili.co.za • Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut – www.sabi.co.za • Suid-Afrikaanse Nasionale Komitee oor Besproeiing en Dreinering (SANCID) – www.sancid.org.za Maatskappye wat betrokke is Reservoirs, damskroppe, water tenks, damvoerings, ens. • ALS Agri Hire Tel: 034 341 1636 www.alsgroup.co.za • Amatola Tel: 043 732 1633 [email protected] • Aquadam Tel: 012 810 0940 www.aquadam.co.za • Aquatan Tel: 011 974 5271 www.aquatan.co.za • Atlas Plastics Tel: 018 469 1201 www.atlasplastics.co.za • Buster Tel: 034 393 1188 / 082 575 8250 • Circa-Flow Reservoirs Tel: 056 212 1941 www.waterinfra.co.za • Damsak Tel: 012 734 0070 www.damsak.co.za • Darachem Industries Tel: 011 892 2917 www.darachem.co.za • Dura-flex Tel: 018 632 4148 [email protected] • Duys Tanks Tel: 011 769 2738 www.duys.co.za • Erichsen Konstruksie RSA Tel: 056 212 1941 www.waterinfra.co.za • Flexi Linings Tel: 011 334 7492 • GSI Group Africa Tel: 011 794 4455 www.gsiafrica.co.za • GV Robertson Construction Tel: 013 737 8722 www.gvrobertson. co.za • Hydrex Waterstorage Tel: 011 440 4472 www.hydrex.co.za • Hydrotek International Tel: 011 974 5715 www.hydrotek.co.za • JoJo Tanks Tel: 013 262 3021 www.jojotanks.co.za • LandMech Tel: 0860 472 337 www.landmech.co.za • MBB Services International Tel: 021 887 1026 www.mbb.co.za • Pennells Tanks Tel: 015 516 4981/2/3 www.pentanks.co.za • Piket Implements Tel: 022 913 2435 www.piket.co.za • Po ǒVƖ