Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 285

283 insette insette Vurkkrane Waterberging As ’n mens mooi daaroor dink, is dit baie meer gekompliseerd om ’n vurkkraan of ander hystoerusting te beheer as om ’n motor te bestuur. Tog sal die meeste mense iets oorkom net by die gedagte daaraan dat die vurkkraanoperateur hulle motor vir hulle op ’n ander plek moet parkeer. Dink net hoe stof op ’n plaas die toestelle wat nie behoorlik versorg word nie, kan affekteer. Hoe ’n mens, gedurende die seisoen, regtig haastig is om die vragmotors gelaai en uit te kry mark toe. ’n Mens wil tog sekerlik hê dat dit glad moet verloop. Ek gebruik ’n waaierband as voorbeeld. Dit is tog vinniger om ’n verslete waaierbelt te vervang voordat dit breek, eerder as om die voertuig wat gelaai moet word, te laat staan terwyl jy dorp toe ry om ’n waaierband te gaan koop (as daar in voorraad is) en dit dan te vervang. Hopelik het die enjin nie vasgebrand omdat die operateur, in sy haas, nie die generatorliggie op die paneelbord sien brand het nie – dis nou natuurlik as die generatorliggie werk! Ons beveel baie sterk aan dat alle toesighouers en, om die waarheid te sê, enigiemand wat seggenskap oor vurkkraanoperateurs het, ’n vurkkraanbestuurseminaar bywoon om seker te maak dat hulle weet wat om van hulle operateurs te verwag en hoe om hulle te beheer. Indien hulle dit nie doen nie, is die geld wat hulle aan opleiding spandeer het, eintlik gemors op iets wat ’n mens aan die “koop van ’n lisensie” laat dink – wat soveel maatskappye wens hulle kan doen! Bespaar geld: laat u vurkkraanoperateurs en hulle bestuurders deur ’n goeie opleidingsmaatskappy oplei. Bron: Des Fell, Accredited Training. Skryf aan hom by info@accreditedtraining. co.za Belanghebbendes • A Square Forklift Tel: 011 900 1777 www.forklift.co.za • Accredited Training Tel: 021 851 8656 [email protected] www.accreditedtraining.co.za • AVIS Rent-a-forklift Tel: 011 397 1784 www.avisforklift.co.za • DDL Equipment Tel: 011 443 4233 www.ddl.co.za • East Coast Forklifts Tel: 031 709 0371 www.eastcoastforklifts.co.za • The Forkman Tel: 012 804 2383 www.forkman.co.za • Liftpart Agencies Tel: 021 531 7225 www.liftpart.co.za • LMI Academy Tel: 011 475 5876 www.lmi-academy.co.za • Machine Tool Mecc Tel: 011 894 7160/7084 www.jacsa.co.za • Manitou Tel: 011 975 7770 www.manitou.co.za • Masslift Africa Tel: 011 786 8524 www.mitsubishiforklifts.co.za • Quali Prod Tel: 0861 782547 www.qualiprod.co.za • Rovic & Leers Tel: 021 907 1700 www.rovicleers.co.za • Shamrock Handling Concepts Tel: 011 659 1444 www. shamrockhandling.co.za • Shukela Training Centre Tel: 031 508 7700 www.sugar.org.za • Toyota forklifts Tel: 011 395 0600 www.toyotaforklift.co.za 1. Oorsig Die wetlike vereistes voordat ’n dam gebou kan word, word in hierdie hoofstuk bespreek en op die webtuiste van die Departement van Waterwese noem. Al die nodige dokumente en vorms kan van dié webtuiste afgelaai word. Die maatskappye wat in hierdie hoofstuk genoem word, is met waterberging gemoeid. Ander maatskappye wat in die watersektor werksaam is word in die algemene hoofstuk oor water genoem. 2. Wetlike vereistes voordat nuwe damme gebou en bestaande damme verander of herstel kan word Daar moet aan drie wetlike vereistes voldoen word voordat ’n mens ’n dam mag bou, verander of herstel, naamlik die reg om water te gebruik, damveiligheidsregulasies en omgewingswetgewing. Geregtigdheid op watergebruik (Hoofstuk 4 van die Nasionale Waterwet, 1998) ’n Watergebruikslisensie of enige ander toepaslike magtiging moet van die direkteur van die betrokke streek verkry word. Die hele aansoekproses word uitvoering beskryf in ’n gids met die titel Water Use Authorisation Application Process. Omdat dit geruime tyd duur voordat ’n lisensie vir waterberging uitgereik word, is dit raadsaam om so gou as moontlik om ’n lisensie aansoek te doen. Daarbenewens sal geen damveiligheidslisensie uitgereik word voordat die Departement die watergebruikslisensie goedgekeur het nie. In geval van damme wat misluk, word bestaande wettige watergebruik (onderworpe aan verifisering ) gewoonlik erken, maar dit is belangrik dat geskrewe bevestiging van die Streeksdirekteur verkry word. Die kontakbesonderhede van die toepaslike streekkantore kan in hierdie gids gekry word in die hoofstuk oor water of by www.dwa.gov.za (kies op die “Contacts”kieslysopsie). Vereistes ingevolge damveiligheidswette (Hoofstuk 12 van die Nasionale Waterwet, 1998) Alle vorms en kontakbesonderhede kan by www.dwa.gov.za afgelaai word. Klik o