Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 270

268 insette Trekkers, stropers, baal- en persmasjiene 1. Oorsig Om toerusting te koop is een van die grootste beleggings wat ’n boerdery kan maak. Groot bedrae geld word bewillig en van die toerusting word slegs ’n paar keer deur die jaar gebruik en in baie gevalle is dit moeilik om toerusting teen geskikte handelswaarde te verkoop. Verder moet die masjinerie deurentyd in stand gehou word en op die ou einde vervang word. Redes vir vervanging van masjinerie: • masjinerie moet vervang word as die herstelkoste die voordeel van die gebruik van masjinerie oorskry • masjinerie wat nie betroubaar is nie kan tot verliese lei in tyd en produsering • die behoefte aan kapasiteit kan ’n goeie rede wees om u toerusting op te grader • nuwe tegnologie kan beteken dat dit winsgewend om u masjinerie te vervang vir funksionering Beplanning van wanneer en hoe die toerusting vervang gaan word kan ’n verskil van duisende rande in jaarlikse produksiekoste beteken. So, wanneer doen u die vervangings? a) Hou dit tot dit nie meer langer funksioneer nie Sommige boere klewe aan masjinerie totdat dit nie langer funksioneer nie en dit nie meer die moeite werd is om reggemaak te word nie. U loop die risiko dat die masjinerie gedurende ’n essensiële tydperk gaan breek en om finansiëring op kort kennisgewing te moet reël. b) Vervang wanneer kontant beskikbaar is U kan kies om die masjinerie in die jare wanneer inkomste bogemiddeld is te vervang. Kan u voorspel wanneer ekstra kontant beskikbaar gaan wees? Wat as die masjien breek voor daar ekstra kontant is om dit vervang? c) Vervang elke jaar iets U kan beplan om amper elke jaar dieselfde bedrag op masjinerie te spandeer deur een stuk toerusting elke jaar te vervang. Dit help om te vermy dat groot aankope elke jaar gemaak moet word, maar u sal moet versigtig wees om nie die masjinerie te vervang voordat dit die einde van hul ekonomiese lewensduur bereik het nie. Dit sal tot u voordeel strek as u nie slegs voorsiening gemaak het vir kapitaalvervanging nie, maar ook kontant reserwes het. d) Vervang gereeld Dit minimaliseer die risiko van onklaarraking en duursame vervangings deur elke paar jaar essensiële masjinerie te vervang. Selfs al raak masjinerie onklaar kan die herstel dikwels gedek word met die oorspronklike waarborg Hierdie benadering is meer uitvoerbaar indien u groot aantal hektare kultiveer. Daar is verskeie finansiële opsies. Stel by u bank of agribedryf vas om uit te vind wat die geskikste is vir u werksaamheid. Bron: aangepas van die artikel “Provision for capital replacement” in AgriReview 1ste kwartaal 2007 2. Plaaslike sakeomgewing Die voorsitter se verslag bevat ’n opgedateerde ekonomiese oorsig op www.saama. co.za of www.agfacts.co.za. Die AGFACTS-nuusbrief verskyn maandeliks. Intekening daarop bied die volgende: • ’n bondige, vierbladsy-opsomming van deurlopende faktore wat die Suid-Afrikaanse landboumasjineriebedryf beïnvloed • die jongste inligting oor kleinhandeltrekkerverkope vir die maand en die jaar tot op datum • op ’n kwartaallikse basis, die jongste inligting oor kleinhandelverkope van stropers, snymasjiene en balers vir die kwartaal en jaar tot op datum • die jongste inligting oor die prysveranderinge van landboumasjinerie, volgens kategorieë • die jongste inligting oor oesvooruitsigte, hetsy somer-of wintergewasse, plantbeplanning of oesberamings • onderwerpe soos grootte- en ouderdomsamestelling van die SuidAfrikaanse “trekkermark”, die gebruiktetrekkermark, ’n ontleding van trekkers wat in Suid-Afrika beskikbaar is volgens vervaardiger en model, en die vooruitsigte van trekkerverkope in die toekoms 3. Aspekte van belang vir boere ’n Groot verskeidenheid trekkers kan met satellietprogramme toegerus word wat die trekker in staat stel om “homself te stuur”. Presisieboerdery is die beste boerderymetode vir die kommersiële boer wat verkwisting wil beperk en doeltreffendheid wil verbeter, en hierdie programme speel In sleutelrol in hierdie boerderymetode. U kan die lewe van u lugfilter verleng deur tot 90% van die vuilgoed en kontaminante te verwyder voordat dit die filter bereik. Die voorskoonmakers is spesiaal ontwerp vir toerusting wat in omgewings met hewige stof en puin gebruik word, soos landbou- en konstruksievoertuie en myntoerusting. Die Donaspin™ Pre-cleaner het ’n duursame staalkonstruksie wat korrosiebestand is. Geen instandhouding is nodig nie en dis selfreinigend en het beweegbare dele. Hulle het ook ’n laer restriksie, wat beteken dat u • enjin makliker “asemhaal” • die gebruik van die lugfilterelement kan verminder • laer koste per gebruiksuur sal hê Bron: Donaldson Filtration Systems Edms (Bpk). Skakel 011 9976000 of besoek www.donaldson.co.za 4. Die aankoop van ’n tweedehandse trekker Wanneer u ’n tweedehandse trekker van ’n handelaar wil koop, moet u vra of daar ’n waarborg is. ’n Waarborg is ’n ooreenkoms met die verkoper wat bepaal dat ’n mens ’n item kan teruggee of herstel kan kry as iets daarmee verkeerd is. ’n Waarborg op ’n tweedehandse trekker is gewoonlik net vir drie maande geldig. As die trekker van ’n ander boer gekoop word, moet u probeer uitvind waarom hy of sy die trekker wil verkoop. Vra ook die trekkerdrywer of die trekker probleme gegee het. Hoe kan u sien of iets ernstigs met die trekker verkeerd is? Probeer die volgende wanneer u na ’n trekker gaan kyk. Neem ’n vriend wat kennis van trekkers het saam om hierdie toetse saam met u te doen, veral as u self geen ervaring van trekkers het nie. Gaan die lugfilter na. As dit ’n papierfilter is, sal dit twee rubberseëls hê wat aan weerskante van die eenheid vasgegom