Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 266

264 insette Spesialiteitskunsmis 1. Oorsig Wat is die slimste, effektiefste manier om plantgroei te bevorder? Enigeen wat van plan is om ’n gewas te verbou, weeg die verskillende opsies teen mekaar op. Hierdie onderwerp word in verskeie hoofstukke van hierdie publikasie aangeroer, byvoorbeeld: presisieboerdery, bewaringsboerdery, biologiese boerdery, kunsmis, kompos en organiese kunsmis, erdwurms en wurmkompos. Boere beskou die grond nie meer as ’n “dooie ding” wat vol kunsmis gepomp moet word om ’n oes te lewer nie. Oorbemesting is nie net duur nie; dit is ook nadelig vir die omgewing (sien die hoofstuk oor kunsmis vir die beste praktyke met betrekking tot kunsmis). Die gebruik van spesialiteitskunsmis is een manier waarop boere poog om gewasverbouingspraktyke te optimaliseer, terwyl afval tot ’n minimum beperk word. Spesialiteitskunsmis kan tesame met besproeiingswater aangewend word (sien die hoofstuk oor kunsmis), of deur middel van beheerde vrystelling – waar toediening vóór planttyd, voedingstowwe vir die plant vrystel regdeur die groeitydperk van die plant. Spesialiteitskunsmis kan ook toegedien word deur blaarvoeding, waar die plant voedingstowwe deur die blare eerder as deur die wortels opneem. Spesialiteitskunsmis behels nie noodwendig chemikalieë nie – dit kan ook planthormone, groeistimulante of biostimulante wees. 2. Belanghebbendes Aquilo Africa Tel: 073 525 6034 www.aquilo.co.za Biofix South Africa Tel: 011 409 5012 www.biofix.co.za Biogrow Tel: 028 313 2054 www.biogrow.co