255
insette
Die oes van reënwater
Raadpleeg ook die hoofstuk oor water.
1. Oorsig
Die metode is ’n teenvoeter vir die nadele wat die omploeg en versteuring
van grond inhou wanneer lande vir planttyd gereed gemaak word. Onder
die nadele tel onder meer erosie, koolstofbesoedeling en ’n verlies aan
voedingstowwe. Hierdie nuwe bewaringsmetode hou verskeie voordele
in. Die belangrikste hiervan is dat reënwater nie wegloop nie, maar in ’n
vlak voor opgevang word, wegsink en die grond voed. ’n Strook grond
weerskante van die wal word nie bewerk nie.
“Skielik sukkel ’n mens nie meer met erosie nie, en daar is boonop meer
vog in die grond.
“Een van die nadele van ’n geploeg is dat die koolstof in die grond daardeur
vrygestel word en tot klimaatsverandering bydra. Danksy die onbewerkte
stroke word hierdie probleem grootliks hokgeslaan.
Reën val nie altyd waar ons wil hê dit moet val nie, maar ons wend dit tot
ons eie voordeel aan. Op nasionale vlak is damme soos die Gariepdam, die
Vanderkloofdam, die Midmardam, die Pongolapoortdam, die Vaaldam en
die Theewaterskloofdam gebou om reënwater op groot skaal te versamel
en te bewaar. Op plaaslike of boerderyvlak bou grondeienaars duisende
klein damme met trekkers, damskroppe, laaigrawe en ander toerusting
op die plaas. Die oogmerk is om reënwater te bewaar. Reënwater moet
met ander woorde geoes word sodat dit later aangewend kan word vir die
besproeiing van gewasse of as drinkwater vir diere en selfs vir mense.
“Navorsing het bewys dat die oes van reënwater op landerye produksie laat
toeneem en die kans op ’n misoes laat afneem,” verduidelik hy.
Soms moet reënwater behandel word voordat dit gedrink kan word.
Sogenaamde “gepaste tegnologiese” metodes (bv die gebruik van sonkrag
om water te disinfekteer) bied laekoste-ontsmettingsopsies vir die
behandeling van opgegaarde reënwater om dit drinkbaar te maak.
In agtertuine keer die voor dat dooie blare wegwaai. As die blare met water
in aanraking kom, word dit ’afgebreek tot organiese kunsmis.
Daar word toenemend aanvaar dat die oes van reënwater ’n praktiese metode
is om besproeiings- én drinkwater aan landbou- en ontwikkelingsprojekte
die wêreld oor te voorsien. Dit kan ook gebruik word in stedelike en
buitestedelike gebiede waar die hoeveelheid, betroubaarheid en gehalte
van pypgeleide water soms onder verdenking is.
Afrika kry genoeg reën om water aan ongeveer 13