Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 248

246 6. Belanghebbendes Verenigings wat betrokke is Agricultural Chemical Distribution Association of South Africa (ACDASA) Tel: 011 805 2000 www.acdasa.co.za ACDASA is ’n onafhanklike artikel 21-vereniging wat, met behulp van ander landbouorganisasies, die doeltreffende en verantwoordelike bemarking van oesbeskermingsprodukte aan landbouprodusente bevorder. Hierdie verenigings streef daarna om boere en ander verbruikers van hul produkte sekerheid te gee dat hulle hul aankope doen van persone en maatskappye wat gesonde tegniese advies lewer en wie se werkgewers aan die streng gedragskode van CropLife SA of ACDASA onderworpe is. Hierdie streng gedragskode, gebaseer op die gedragskode van die VLO, verseker dat alle lede insette lewer, en gehoorsaam is aan kodes, riglyne, standaarde en wetgewing met betrekking tot etiese gedrag, gehalte en dienslewering, onder andere: • vervaardigingsgehaltepraktyke • bergingen vervoerstandaarde • opleiding in die verantwoordelike gebruik van produkte, veral in die opkomende sektor • die etiese kode vir bemarking • SANS-praktykkodes CropLife SA Tel: 011 805 2000 www.croplife.co.za CropLife SA, ’n artikel 21maatskappy sonder winsbejag, verteenwoordig die plantwetenskapbedryf, met inbegrip van die meeste verantwoordelike vervaardigers en leweransiers van oesbeskermingsprodukte. Deur die goedgekeurde opleiding en akkreditering van lede se verkoopspersoneel, wil die vereniging verseker dat boere en ander eindverbruikers te alle tye professionele en doeltreffende diens ontvang. Endangered Wildlife Trust (EWT) Wildlife Conflict Mitigation Programme Tel: 011 372 3600 www.ewt.org.za Die Wildlife Conflict Mitigation Program vir konflikvoorkoming vorm deel van die EWT. Die groep waak teen die misbruik en oormatige gebruik van chemikalieë in die omgewing, veral in soverre dit die natuurlewe kan benadeel. Hulle is ook op ’n ad hoc-grondslag betrokke by die herwinning van ongebruikte landbouchemiese middels en, waar nodig, koördineer hulle die insameling van hierdie chemikalieë. Alle gevalle van vermeende vergiftiging word ondersoek en monsters word vir toksikologiese ontleding na laboratoriums gestuur. Die uitslae word kwartaalliks aan AVCASA se Komitee vir Veiligheid, Gesondheid en die Omgewing gerapporteer. Nematological Society of Southern Africa Tel: 018 299 3679 www.sanematodes.com Plantwetenskap konsultantevereniging (PSCA) Dr. Jim Findlay Tel: 011 486 2254 [email protected] Die plantewetenskapkonsultantev ereniging het oor die 40 lede wat dienste aanbied in die ontwikkeling van produkte en registrasie van gewasbeskermingprodukte en verwante reddingsmiddels vir plaaslike en buitelandse ondernemings. Die lede is oral in Suid-Afrika en kan veldtoetse doen op amper enige gewas wat in die land geplant word. Ander lede spesialiseer in die bestuur van produkregistrasieprogramme en die samestelling van produkregi strasiedossiere vir voorlegging aan regulerende gesagte, dit is, Wet no 36 van 1947. ’n Lys van lede en hul velde van kundigheid kan gekry word by www.croplife.co.za onder assessorlede. SA Aerial Applicators’ Association Tel: 058 303 5261 / 082 829 5749 Die Suid-Afrikaanse Plaagbeheervereniging (SAPCA) Tel: 0861114556 www.sapca.org.za Suid- Afrikaanse Onkruidwetenskapvereniging [email protected] https://sites.google.com/site/ saweedsciencesociety Southern African Society for Plant Pathology Me. Wilmarie Kriel (sekretaresse) Tel: 011 748 3630 http://saspp.org