239
hernubare-energie-projekte en -industrieë.
Sonkrag
insette
Die Global Solar Council is ’n koalisie op die vlak van uitvoerende
hoofbestuur, wat internasionale maatskappye in die fotovoltaïese sonkragwaardeketting lei. Besoek www.globalsolarcouncil.net vir meer inligting.
Algemene hernubare energie (globaal)
• International Renewable Energy Agency – www.irena.org
• Die United Nations se initiatief Sustainable Energy for All (Volhoubare
Energie vir Almal) – www.sustainableenergyforall.org.
• www.esi-africa.com is die “aanlyn-kragjoernaal van Afrika”.
• Die aantekeninge oor die Pure Energy Systems Wikipedia is beskikbaar
by http://peswiki.com, en dié oor alternatiewe energie by https://attra.
ncat.org, webwerf van die ATTRA-program (National Sustainable
Agricultural Information Service).
• Besoek www.unep.org, webwerf van die United Nations Environment
Programme (UNEP
• European Renewable Energy Council – www.erec.org
• Die World Wide Fund for Nature (WWF) het The Energy Report bekend
gestel. Volgens hierdie verslag is dit moontlik dat 100% van die aarde
se energiebehoeftes teen 2050 voorsien sal word deur tegnologieë vir
skoner hernubare energie. Besoek www.wwf.org.za en www.panda.
org.
• Die jongste World Investment Report, wat beskikbaar is by http://
unctad.org (United Nations Conference on Trade and Development)
gee ’n uiteensetting van die globale beleggings wat tussen 2010 en
2015 benodig sal word om kweekhuisgas-vrystellings te beperk tot die
vlakke wat uiteengesit is in die Copenhagen Accord.
• Lees oor die Energy and Climate Work Programme by die World Business
Council for Sustainable Development (sien www.wbcsd.org).
• Die World Economic Forum se verslag, Developing Renewable Energy
Capacity, is beskikbaar by www.wef.org
• RECHARGE, die “globale bron vir nuus oor hernubare energie” –
www.rechargenews.com
• www.energy.sourceguides.com, ’n aanlyngids vir hernubare-energieondernemings wêreldwyd.
• Demonstreer praktiese oplossings vir omgewingsprobleme vir die
een-en-twintigste eeu (Verenigde Koninkryk) www.cat.org.uk
• Renewable Energy Policy Network for the 21st Century (REN21)
– www.ren21.org (sien die jongste Renewables Global Status-verslag)
• www.eia.doe.gov/fuelrenewable.html – amptelike energiestatistieke
van die VS-regering
• www.engerati.com – “globale stemme wat energie transformeer”.
Wind
• World Wind Energy Association – www.wwindea.org
• German Wind Energy Association – www.wind-energie.de
• Die American Wind Energy Association, wat Pike-navorsing in 2011
aanhaal, glo dat die klein windindustrie teen 2015 drie maal so groot
gaan wees as wat dit op die oomblik is. Besoek www.awea.org
• Danish Wind Industry Association – www.windpower.org
• Folkecenter for Renewable Energy (Denmark) – www.folkecenter.net
Kompos en organiese kunsmis
Kyk ook na die “Erdwurms en vermikompost” hoofstuk
1. Oorsig
• Die skerp styging in die koste van anorganiese kunsmis en onkruiddoders
(waarvan heelwat afkomstig is van petroleumprodukte) het sommige
boere genoop om die moontlikheid te oorweeg om dit deur organiese
kompos te vervang.
• Die voortdurende gebruik van anorganiese produkte het die grond
gesteriliseer en miljarde mikro-organismes wat in die natuur voorkom,
vernietig. Deur anorganiese produkte te verminder of heeltemal
uit te skakel en deur organiese produkte te vervang, sal die mikroorganismes weer in die grond terugsit . Hierdie mikro-organismes sal
weer nuwe lewe aan uitgeputte grond gee, asook al die noodsaaklike
voedingstowwe verskaf om gesonde plante te verseker.
• Kompos werk die beste wanneer dit in die grond ingewerk word voor
die aanplant van groente of plante.
• Kompos kan ook as deklaag gebruik word – die beskermende
bedekking wat oor die grond geplaas word, hou die vog in, verminder
erosie, verskaf voedingstowwe en voorkom dat onkruid groei.
Bronne: Ronald Thomson; Water Wise (Rand Water)
2. Kompos
Die uitstekende resultate wat kommersiële, biologiese en organiese boere
behaal deur goeie kompos te gebruik, is tans die stukrag agter hierdie bedryf
se groei. (Kyk na www.sabiofarm.co.za.)
Kompos word voortdurend in die natuur gevorm wanneer plante en diere
doodgaan en ontbind. Hierdie natuurlike kompos word gewoonlik humus
genoem. Ontbinding behels die afbreking van plant- en diere-oorskot
tot eenvoudiger komponente. In die proses word voedingstowwe wat
noodsaaklik vir die groei van plante is, in die grond vrygestel. Ontbinding
word bewerkstellig deur die werking van ontbinders, wat bakterieë,
swamme en erdwurms insluit. Die ontbindingsproses is noodsaaklik vir die
herwinning van voedingstowwe.
Goeie kompos is ’n uitstekende bron van voordelige organismes en organiese
stowwe. Kompos plaas voedingstowwe terug in die grond, verhoog die
grond se vermoë om water en lug te hou en voorkom erosie deurdat dit
die grond saambind.
Enigiemand wat kompos in groot maat aankoop, word aangeraai om
professionele hulp by die keuse van ’n verskaffer te kry, aangesien daar
– soos in enige ander bedryf – goeie en slegte kompos is!
Bronne: Jako Pieterse; Don Blacklaw; Ken Reid; Ronald Thomson
3. Vloeibare kompos (kompostee)
Om kompos oor groot oppervlaktes te versprei, kan sekere probleme
inhou. Vloeibare kompos bied baie van hierdie probleme die hoof. ’n