21
Strategiese doelwitte
inleiding
Georganiseerde Landbou
1. Oorsig
Boere kan vrywillig deel vorm van georganiseerde landboustrukture deur
plaaslike boereverenigings en/of deur kommoditeitsorganisasies.
Op grondvlak is kommersiële boere lede van plaaslike boereverenigings
waar hulle plaaslike landboukwessies aanspreek en met amptenare en
organisasies skakel oor sake wat vir die verenigings se lede van belang is.
Die boereverenigings delegeer lede om hulle by die betrokke provinsiale
landbou-unies te verteenwoordig. Die provinsiale landbou-unies is by
sake wat boere in die hele provinsie raak betrokke en skakel met hoër
organisasies.
Op hul beurt delegeer die provinsiale landbou-unies lede om hulle in die
nasionale liggame te verteenwoordig.
Ingesluit in die kategorie van Georganiseerde Landbou is die
kommoditeitsorganisasies wat boere dien en verteenwoordig, wat ’n
spesifieke kommoditeit, bv. mieliegewasse, beesvleis, katoen, ensovoorts,
produseer. Kontakbesonderhede van sulke organisasies kan in die tersaaklike
hoofstukke gevind word.
Bron: Agri SA (aangepas)
2. Internasionale verenigings betrokke
• World Farmers’ Organisation – http://worldfarmersorganisation.
com
• Cairns Group Farm Leaders – www.cairnsgroupfarmers.org
• La Via Campesina – http://viacampesina.org
• Besoek die webtuiste van die Suider-Afrikaanse Konfederasie van
Landbou-unies (SACAU) by www.sacau.org oor die nuutste gebeure
in die streek.
• Boe ɔ