Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 221

219 SAAHA se visie is om erken te word as die vereniging wat alle vervaardigers en verskaffers van veeartsenykundige medisyne, veemiddels en ander dieregesondheidsprodukte in Suider-Afrika verteenwoordig. Die visie word bereik deur ’n ekonomies lewensvatbare en innovasie-gedrewe dieregesondheidsbedryf in Suider-Afrika te bevorder en te ondersteun, en so by te dra tot ’n hoë vlak van gesondheid en welstand van al die diere en tot die verantwoordelike bewaring van die omgewing. Ons wil hê dat boere en ander gebruikers van ons produkte moet weet dat hulle hul aankope maak van persone en maatskappye wat gesonde tegniese advies kan gee, en wie se werknemers die streng SAAHA-gedragskode nakom; kortom, mense op wie hulle kan vertrou! • Etiese Kode vir Bemarking • SANS-gebruikskodes, asook aanbevelings van: - AVCASA se Veiligheids-, Gesondheidsen Omgewingskomitee - die Endangered Wildlife Trust se Wildlife Conflict Mitigation Programme - Griffon Poison Information Centre SAAHA is deel van AVCASA, die vereniging van die veeartseny- en oes-assosiasies van Suid-Afrika. Sien www.avcasa.co.za Suid-Afrikaanse Vereniging van Veterinêre Tegnoloë www.saavt.co.za Suid-Afrikaanse Veterinêre Vereniging Tel: 012 346 1150 www.vetassociation.co.za Suid-Afrikaanse Veeartsenykundige Raad Tel: 012 342 1612 Die uitgebreide en streng www.savc.org.za gedragskode wat deur alle lidmaatskappye skriftelik aanvaar Die Veegesondheids- en moet word, verseker dat alle lede Produksiegroep insette lewer by en hulle verbind Tel: 012 346 1590 tot die opstel van etiese, gehalte- www.lhpg.co.za en diensriglyne, standaarde, kodes Veterinêre en wetgewing, soos: • vervaardigingsgehaltepraktyke Verpleegstersvereniging van • opbergingsen Suid-Afrika (VNASA) www.vnasa.co.za vervoerstandaarde in die • opleiding verantwoordelike gebruik van produkte, veral in die opkomende sektor Opleiding en navorsing Afrivet Training Services Tel: 012 817 9060 www.afrivet.co.za Agriskills Transfer Tel: 012 460 9585 www.agriskills.net Afrivet Training Services spesialiseer in SETA-erkende dieregesondheids opleiding. Dit het, in samewerking met die veeartsenykundefakulteit van die Universiteit van Pretoria, Onderstepoort, ’n vaardigheidsontwikkelingskursu s getiteld Primary Animal Health Care, bestaande uit ses modules, ontwikkel vir plaaswerkers, opkomende lewendehaweboere en dieregesondheidstegnici. Hierdie kursus se fokus is om leerders toe te rus met die vaardighede om siek diere betyds te identifiseer en die beskikbare veemiddels aan te wend as die primêre gesondheidsintervensie. Elke module word oor vyf dae aangebied. Halfdag- en voldagkursusse, wat met spesifieke aspekte soos bosluisbeheer te doen het, is ook beskikbaar. Die Bosluismuseum. Die museum is die eerste van sy soort op die vasteland en dien om boere en wetenskaplikes in te lig omtrent bosluisidentifisering, -biologie, ekologie en -bestrydingstelsels. Tot op hede moes wetenskaplikes wat navorsing wou doen oor bosluise, na óf Washington óf Londen reis. Baie mense in landelike gebiede op die vasteland maak ’n bestaan uit boerdery, en bosluise is ’n ernstige probleem in terme van die oordraging van siektes wat vee sal vrekmaak. Die museum se hoofdoelwit is om al die spesies wat algemeen is in Afrika, te versamel. Die museum is ook besig om ’n handboek oor bosluise saam te stel wat boere asook wetenskaplikes sal help met die bestryding van die parasiete. Kontak dr. A. Latif by 012 529 9212.