Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 216

214 • API Service GL-5 beskryf ’n spesifikasie wat bevredig kan word deur ’n meerdoelige ratolie, wat normaalweg aan die vereistes van die militêre spesifikasie MIL-L-21058 voldoen. Wat veroorsaak dat hidrouliese vloeistof skuim? Dit word normaalweg deur kontaminante soos onsuiwerhede en water veroorsaak. Nog ’n algemene oorsaak is belugting, wat deur ’n luglekkasie in die hidrouliese stelsel veroorsaak word. Is die behoorlike berging en hantering van brandstowwe en smeermiddels werklik so belangrik as wat sommige verteenwoordigers van oliemaatskappye te kenne gee? Ja! Die bron van baie klagtes oor brandstof en olie is dikwels te vinde in die brandstofopgaartenk of oliedrom, nadat die produkte afgelewer is. Dit is uiters belangrik dat water en ander kontaminante uit brandstowwe en smeermiddels gehou word deur dromme onderdak of op hul sykante te berg om te verhoed dat reënwater deur die prop insypel. Brandstofopgaartenks moet volgehou word om die versameling van vog weens kondensasie te verhoed, en smeermiddelhouers moet dig toe gehou word wanneer dit nie gebruik word nie. Veiligheid moet ook in ag geneem word wat die hantering van petroleumprodukte, brandolie, dieselbrandstof, paraffien en petrol betref. Nalatigheid en foutiewe hantering kan ontploffings en brande veroorsaak. Petrol moet nooit met ander produkte vermeng word nie, omdat dit ’n uiters vlugtige materiaal is. Slegs ’n geringe hoeveelheid petrol in dieselbrandstof of paraffien sal die vlampunt verlaag en ’n ernstige veiligheidsrisiko skep. Word olie minder doeltreffend wanneer dit geberg word? Nee, mits dit behoorlik geberg word en kontaminasie nie plaasvind nie. Bron: ENGEN 5. Nasionale strategie en regeringskontakte ’n 20-jaar-lange vloeibarebrandstofinfrastruktuurplan word verwag. Die toepaslike regeringsdepartement is die Departement van Energie. Klik op die skakel “Contact Us/Regional Offices” by www.energy.gov.za om provinsiale kontaknommers te bekom. Die nasionale telefoonnommer is 012 317 9000. Die Nasionale Energiereguleerder (NERSA) het ’n mandaat om die petroleumpypleidingbedrywe ingevolge die Wet op Petroleumpypleidings 60 van 2003 te reguleer. Besoek www.nersa.org.za. Die SEF-maatskappygroep www.cef.org.za SEF is ’n privaatmaatskappy wat ingevolge die Maatskappywet ingelyf is en deur die wet op SEF gereguleer word. Kry kontakbesonderhede en inligting oor die volgende op www.cef.org.za: • PetroSA • iGas • Petroleum Agentskap SA • Oil Pollution Control SA (OPC SA) • Nasionale energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) • Die Strategiese Brandstof Fonds • Energie-ontwikkelingskorporasie (EDC) Die brandstofprys in Suid-Afrika is gekop V