Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 215

213 Skoner diesel verseker nie net dat komponente langer hou nie, maar hou ook ander voordele in, soos verbeterde brandstofverbruik en laer versieningskoste. Met Donaldson se volle reeks vooraf reinigers kan u die werking van u lugfilter verleng deur tot 90% van die onsuiwerhede en kontaminante te verwyder voordat dit die filter bereik. Die vooraf reinigers is veral vir toerusting ontwerp wat in hewige stof- en steengruisomgewings gebruik word, soos landbou- en konstruksievoertuie en mynboutoerusting. Die Donaspin™ en TopSpin™ is selfreinigend en verg geen onderhoud nie. Dit bied ook ’n laer beperking, wat beteken dat : • u enjin makliker “asemhaal” • u lugfilterelement-gebruik kan verminder • u koste per bedryfsuur laer sal wees Bron: Donaldson Filtration Systems Edms (Bpk). Skakel 011 997 6000 of besoek www.donaldson.co.za 4. Vrae wat dikwels gestel word Watter tipe enjinolie behoort ek in my plaastoerusting te gebruik? Die eienaar van die toerusting behoort altyd olie te kies en te gebruik wat minstens aan die minimum API- werkverrigtingsklassifikasie voldoen wat deur die vervaardiger aanbeveel word. Die meeste petrolaangedrewe enjins vereis ’n olie met ’n API-spesifikasie van SG of beter. Landboudieselenjins vereis olie met ’n API-spesifikasie van CF-4 of beter. Wat beteken ’n API-diensverrigtingsklassifikasie-stelsel? Hoe dikwels behoort ek enjinolie in my trekker te vervang? Indien u trekker in ’n goeie meganiese toestand is, die aanbevole tipe smeerolie gebruik en in normale bedryfstoestande werk, moet u die aanwysings in die eienaarshandleiding volg. Indien enige van die omstandighede grootliks daarvan verskil, behoort die aftap-tussenposes dienooreenkomstig verkort te word. Kan olie verweer? Die funksies van die enjinolie is om te smeer, af te koel, te seël en te reinig. Wanneer ’n olie sy vermoë verloor om enige van hierdie funksies uit te voer, is dit verweer. Kontaminasie van olie vind in alle enjins plaas. Die kontaminante is brandstof wat nie verbrand het nie of slegs gedeeltelik verbrand het; produkte afkomstig van brandstofverbranding, insluitend water, roet en stof. Hierdie kontaminante vernietig uiteindelik die olie se vermoë om doeltreffend te werk. Olie behoort vervang te word voordat dit hierdie toestand bereik. Enjins sal beter en langer diens lewer indien die olie vervang word, soos aanbeveel. Hoe doeltreffend is oliefilters, en hoe dikwels behoort dit vervang te word? Oliefilters behoort vervang te word volgens die instruksies in die handleiding. Indien dit behoorlik versien word, is dit baie doeltreffend om die groter soliede deeltjies wat die olie besmet, te verwyder, wat slytasie verminder en die enjinleeftyd verleng. Ten spyte van oliefilters moet olie steeds gereeld vervang word. Wat kan die oorsaak daarvan wees dat een tipe olie uitermate dik word in teenstelling met ’n ander tipe, wanneer albei by dieselfde temperatuur en met dieselfde lading gebruik word? Hierdie stelsel, wat deur die Amerikaanse Petroleum-instituut ontwikkel is, dien as riglyne vir die keuse van krukas-olies wat vir verskillende toestande geskik is. Dit klassifiseer algemene werkverrigtingsvereistes soos volg: • enjinontwerp en -samestelling • smeerolies • bedryfstoestande • instandhoudingspraktyke • brandstof-eienskappe Uitermate verdikking van smeerolie hou verband met die hoeveelheid kontaminante wat dit bevat en die mate waarin die olie geoksideer het. Byvoorbeeld, soliede kontaminante, soos fyn koolstof (roet) wat in dieselenjin-olies versprei, kan erge verdikkin rfW&