196
insette
Besproeiing
1. Oorsig
Besproeiing is die kunsmatige voorsiening van water aan die grond,
normaalweg om te help om gewasse te kweek. Landbou wat slegs op
direkte reënval staatmaak, staan bekend as reën-afhanklike boerdery.
Bronne van besproeiingswater kan grondwater wees wat uit fonteine of die
gebruik van putte verkry word, oppervlakwater wat uit riviere of damme
verkry word, of niekonvensionele bronne soos behandelde afvalwater,
ontsoute water of dreineringswater.
Onder andere word die volgende besproeiingstelsels algemeen in SuidAfrika gebruik:
• kanale
• vloedbesproeiing
• treklyne, snelkoppellyne
• spilpuntbesproeiing
• sprinkelbesproeiing
• mikrobesproeiing
• drupbesproeiing
Hierdie besproeiingstelsels word soos volg geklassifiseer:
• Staties (mikro- en sprinkelbesproeiing) – hierdie stelsels bly staties terwyl
water toegedien word.
• Verplaasbare (snelkoppellyne; treklyne; hop-along; big gun; roterende
arm) – hierdie stelsels bly staties wanneer besproeiing plaasvind, maar
kan met die hand of meganies van een besproeiingsgebied na ’n ander
verplaas word.
• Bewegend (spilpunte; lineêre en reisende besproeier) wat self beweeg
terwyl water toegedien word.
• Vloed (vanggebied; grens; leivoor; kort leivoor) – water vloei oor die
grondoppervlak om te versprei en die grond binne te dring.
Bron: http://en.wikipedia.org/wiki/Irrigation (aangepas); “Irrigation Basics”, deur
Johannes Maree (tree met hom in verbinding by johannesmaree@absamail.
co.za).
Besproeiingslandbou speel ’n belangrike rol in die stabilisering van
voedselproduksie en dus ook in voedselsekuriteit. Ongeveer 60
persent van die beskikbare waterbronne in Suid-Afrika word hiervoor
aangewend, maar nie ten koste of tot nadeel van enige ander sektor van
die ekonomie nie. Alle boere is dit nietemin eens dat water skaars is en
dat die beskikbare waterbronne in Suid-Afrika met groot omsigtigheid en
baie doeltreffend bestuur moet word omdat daar so ’n groot vraag na
water in die land is.
Bron: Aangepas uit ’n brief van Johannes Möller, president van Agri SA, aan die
Minister van Waterwese en Omgewingsake
2. Interessante punte vir kommersiële boere
Besproeiingskedulering word gedefinieer as die korrekte hoeveelheid
water wat op die korrekte tyd aan ’n gewas beskikbaar gestel word. Ons
waterbronne is beperk en moet op die doeltreffendste moontlike wyse
aangewend word. Die optimering van skeduleringsbeginsels hou die
volgende voordele in:
• Voorkom dat gewasse oor- of onderbenat word
• Fasiliteer oesmanipulasie
• Voorkom onnodige stremming op oesgewasse
• Skep die ideale lug–water-balans
• Bestuur die grondwaterbuffer
• Optimeer soutgehaltebestuur
• Voorkom grondverdigting
• Bring besparing van energiekoste mee
• Bevorder wortelontwikkeling
• Verbeter die opname van bemesting
• Maksimeer oespotensiaal
Waterwetgewing behels dat ’n boer moet begroot vir die hoeveelheid
water wat hy wil gebruik. Deur van skeduleringsagteware gebruik te maak,
kan die boer bepaal hoeveel water hy gebruik het en dus beraam hoeveel
hy vir die volgende jaar gaan nodig hê. Sommige sagtewaremaatskappye het
die nuwe regulasies in aanmerking geneem deur sagteware te ontwikkel
wat waterbegrotingsinligting asook besproeiingsrekords suksesvol kan
kontroleer.
Een module maak byvoorbeeld van klimaat en grondvoginligting gebruik
en genereer aanbevelings vir besproeiing. Dit help ook om watervereistes
te voorspel. Wanneer hierdie inligting gelaai word, kan ’n tweede module
gebruik word om besproeiing te kontroleer. Hierdie module kan ook bepaal
wanneer besproei moet word ten einde ryp te verhoed of om plante af te
koel deur temperatuurlesings te monitor. Pompe en kleppe in die veld word
met behulp van radio of draadkoppelings beheer.
Bron: DFM Software
3. Ontwerpnorme
Besoek die SABI-webtuiste e n kliek op “Approved Designers”.
Kontakbesonderhede word vir sewe provinsies gegee: Gauteng, Oos-Kaap,
KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, die Vrystaat en die Wes-Kaap.
Daar bestaan ’n groot behoefte in Suid-Afrika onder boere en gewas, grond
en bemestingspesialiste aan meer inligting oor die watervereistes van
gewasse, voedingstofvereistes en die skedulering van beide. Aanbevelings
vir ontwerpers om die optimale besproeiingstelsel onder bepaalde
omstandighede te ontwerp, berus op hierdie inligting. ’n Multidissiplinêre
benadering is nodig wanneer die watergehalte vir besproeiingsdoeleindes
geëvalueer word sodat potensiële probleme met drupstelsels asook die
bepaling en bestuur van die beskikbare waterbronne geïdentifiseer kan word
(bv. boorgate, piek en jaarlikse watervereistes vir gewasse, ontleding van die
behoud en infiltrasiekoers van grondwater). Die ontwerper moet probleme
uitlig, byvoorbeeld die blokkasie van drupstelsels met besproeiingswater, en
aanbevelings maak om probleme wat voorsien word op te los.
Besoek SABI se webtuiste, www.sabi.co.za, en kliek op “Design Norms” vir
voorstelle en tegniese inligting. Norme vir die volgende word voorgestel:
wrywing in hoof en ander pypleidings, doeltreffendheid van toepassings,
besproeiingsure per week, minimum pompkapasiteit (veiligheidsfaktor vir
slytasie), en toelaatbare suigspoed.
Die volgende besproeiingstelsels word bespreek: mikrobesproeiing,
drupbesproeiing, sprinkelaarbesproeiing, sentrale spil en vloedbesproeiing.
4. Vir die nuwe toetreder
Vind meer uit oor die ondersteuning wat die Departement van Waterwese
aan besproeiingsboere met weinig hulpbronne bied.
Drupbesproeiing is die ideale oplossing vir bewoners van kleinhoewes
is. Spesiaal ontwerpte pype wat vooraf met gevorderde druppers
toegerus is, word gebruik. Die besproeiingstelsel drup die presiese
hoeveelheid water en voedingstowwe wat die gewasse nodig het reg
by die wortels. Elke druppel water word dus effektief gebruik om
gehalte te verbeter en opbrengste dwarsdeur die jaar te vergroot.
• Hou die grond belug
• Verminder die groei van onkruid
• Maak siektes en swamme aansienlik minder
• Versprei water gelykmatig en doeltreffend
• Minimeer verdamping en waterafloop
• Maklik om waterverbruik te beheer
• Mees doeltreffende, akkurate gebruik van water en voedingstowwe
Bron: Netafim