Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 195

193 Die verslag van die President op www.fssa.org.za dek die internasionale bemestingstofmark, die wêreldekonomie en sake suid van die Sahara. Klik ook op die “Statistics”-kieslysopsie,wat International Price Trends of Some fertilizers and Raw Materials insluit. Die industrie verskaf jaarliks ongeveer twee miljoen ton bemestingsprodukte aan die plaaslike mark met ’n waarde van ongeveer R10 miljard. In SuidAfrika verbruik die mieliebedryf byna 40% van alle bemestingstowwe; daarom word die mark baie beïnvloed deur wat in hierdie bedryf gebeur. Die Suid-Afrikaanse bedryf se marge word hoofsaaklik deur die wêreldmarkpryse van belangrike grondstowwe vasgestel, terwyl binnelandse pryse hoofsaaklik deur die invoerpariteitskoste van algemeen verhandelbare kunsmisprodukte bepaal word. Negatiewe sake vir die bemestingindustrie sluit ’n grondhervormingbeleid in waar dit vir nuwe boere ’n rukkie neem om ten volle gevestig te word as kommersiële boere, en indien boere afgeraai word om mielies te plant en in stede daarvan hulle wend tot gewasse wat minder bemesting as mielies verg. Die opkoms van ’n biobrandstofindustrie kan positief wees vir die industrie aangesien die aanvraag na gewasse ’n gunstige uit ݕɭ