Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 19

17 inleiding Suid-Afrika en die Landbou 1. Overview Die Agri Handboek vir Suid-Afrika se fokus is, soos die naam aandui, landbou in Suid-Afrika. Die gids voorsien oriëntering ten opsigte van alles wat plaasvind in agronomie, tuinbou en die lewende hawe industrie. Stroomop en –af verwikkelings word gedek. So ook finansiële-bemarking kwessies en die wyer sosio-politieke en omgewingskontekste waarin die land se landboukundige waardeketting homself bevind. Die inligting word nie beperk tot wat binne die landsgrense gebeur nie. Ons boere word ook geraak deur dit wat buite ons hawegebied en grensposte gebeur. Die meeste van die hoofstukke in hierdie uitgawe sluit die opskrif, “Die internasionale sakeomgewing”, in en daar is hoofstukke oor Afrika en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG). Dit is moeilik om in elke hoofstuk te dek wat elders in boeke (en bibli