Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 187

185 Misstowwe is óf enkel-elementstowwe óf veel-elementmisstowwe. Enkel-elementstowwe is produkte wat een van die belangrikste plantvoedingstowwe bevat Hieronder volg ’n aantal voorbeelde Plantvoedingstof Misstof Stikstof (N) Ureum Kalsiumammoniumnitraat (CAN) Kalksteenammoniumnitraat (LAN ) Fosfor (P) Enkelsuperfosfaat (SSP) Driedubbele superfosfaat (TSP) Kalium (K) Kaliummuriaat (MOP) P en K is verkorte vorms: P = P2O5 x 0.44 and K = K2O x 0.83 Veel-elementmisstowwe bevat meer as een van die belangrikste plantvoedingstowwe. Die syfers wat op ’n kunsmissak gedruk word, gee die verhoudings van die plantvoedingstowwe aan wat in daardie misstof voorkom. Hulle word altyd in dieselfde volgorde aangegee. Die eerste syfer is die verhouding van N, die tweede is die verhouding van P en die derde , verwys na die verhouding van K. Hierdie verhoudings word uitgewerk deur die syfer wat in die verhouding aangegee word deur 9 te deel en dan met 30 te vermenigvuldig, byvoorbeeld, 3.2.4. (30) beteken dat die misstof 10% N, 6,615% P en 13% K bevat. (The above information is taken from the Fertiliser Retailing Guide, put out by the Food and Agriculture Organisation of the United Nations, the Fertiliser Industry Advisory Committee, Omnia and Yara Specialities). Die “Wet van die minimum” word hier geïllustreer aan die hand van balies waarvan die plankies verskillende lengtes het, wat groeibeheerfaktore voorstel. Dit staan ook as Liebig se Wet bekend. Die baliestorie illustreer dat sukses gekniehalter word deur die element wat tekortskiet. Indien slegs een element ontoereikend of ontoeganklik is, word die optimale resultate nie behaal nie. Om hierdie rede word ’n omvattende voedingsprogram oftewel ’n “gebalanseerde dieet” aanbeveel. Watter uitwerking het water op misstowwe in die grond? Water los die misstowwe op. Die voedingstowwe word deur die grondwater na die plantwortels gedra. Indien daar nie genoeg water in die grond is nie, kan die voedingstowwe nie die plantwortels bereik of deur die plant geabsorbeer word nie. Kan ’n boer te veel kunsmis toedien? Oormatige hoeveelhede kunsmis kan gewasse beskadig en opbrengste verklein. Dit dra ook tot die besoedeling van grond en grondwater by, en doen dus afbreek aan die beeld van landbou se bydrae tot bestebestuursprogramme en volhoubare ontwikkeling. Hoe weet ’n mens hoeveel kunsmis toegedien moet word? Dit word deur die betrokke grond en die betrokke gewas bepaal. Kleigrond het byvoorbeeld volkome ander behoeftes as sanderige grond. As jy wil weet hoeveel kunsmis toegedien moet word, neem ’n grondmonster van u grond of ’n blaarmonster van een van u plantgewasse en laat dit toets by ’n landboukundige laboratorium of ’n plek waar grond ontleed kan word om te toon watter voedingstowwe ontbreek. Hierdie plekke gee ook aanbevelings oor bemesting. Grondanalise kos minder as R150 per monster. Hierdie geld sal goed bestee word omdat dit u later duisende kan spaar. Misstofbehoefte Sowel oor- as onderbemesting sal u wins beïnvloed. Indien u oorbemes, sal dit u koste verhoog en ’n negatiewe uitwerking op die omgewing hê, en indien u onderbemes, sal u opbrengs verminder word en daarmee saam u inkomste. Twee faktore kan as riglyne dien: • ’n Grondanalise is noodsaaklik. Neem ’n grondmonster wat verteenwoordigend van die land is (dus nie net van een plek nie). Die interpretasie van die analise moet grond- en gewasspesifiek wees. • Bepaal die teikenopbrengs. Bekalking Bekalking moet geensins afgeskeep word nie. Indien die suurgehalte van die grond te hoog is, word • die beskikbaarheid van fosfor verminder • die doeltreffende opname en gebruik van beide water en misstowwe geïnhibee