173
• Deel 12: Die oprigting van fasiliteite of infrastruktuur vir die stroomaf berging van water, insluitende damme en opgaardamme, met ’n
gekombineerde kapasiteit van 50 000m3 of meer, tensy sodanige
berging binne die bestek van die aktiwiteit wat in Aktiwiteit 19 van GN
R 545 van 2010 gelys word, val;
• Deel 13: Die oprigting van fasiliteite of infrastruktuur vir die berging,
of vir die berging en hantering, van ’n gevaarlike artikel, waar sodanige
berging in houers met ’n gekombineerde kapasiteit van 80–500m3
voorkom.
• Deel 25: Die vrylating van geneties gemanipuleerde organismes in
die omgewing in gevalle waar impakbepaling voorgeskryf word deur
die Wet op Geneties Gemanipuleerde Organismes 15 van 1997 of die
Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Biodiversiteit 10 van 2004.
Ingevolge GN R 546 sal sekere gelyste aktiwiteite tot gevolg hê dat ’n
basiese evaluering uitgevoer moet word, vanweë die ligging van die
terrein in gespesifiseerde geografiese gebiede. Dit sluit in: terreine
buite stedelike gebiede; in beskermde gebiede, bewaringsgebiede of
biosfeerreservate; binne 5 km of van ’n natuurreservaat of binne 10 km
van ’n Wêrelderfenisgebied; in sensitiewe gebiede, geïdentifiseer op grond
van ’n omgewingsbestuurraamwerk; in kritieke biodiversiteitgebiede, of in
gebiede wat gesoneer is as oop ruimtes of vir bewaringsdoeleindes. Die
tipes gelyste aktiwiteite vir hierdie gebiede sluit in:
• Deel 2: Die oprigting van opgaardamme vir grootmaatwatervoorsiening, met ’n kapasiteit van meer as 250m3;
• Deel 3: Die oprigting van maste of torings van enige materiaal of tipe,
vir telekommunikasie-uitsendings of radio-transmissie, waar die mas:
(a) opgerig gaan word op ’n terrein wat nie vantevore vir hierdie doel
gebruik is nie, en (b) hoër as 15m sal wees, maar met uitsluiting van
hegstukke aan bestaande geboue en maste op dakke;
• Deel 4: Die bou van ’n pad wat wyer as 4m is, met ’n reserwe van
minder as 13,5m;
• Deel 8: Die bou van vliegtuigaanloopbane en -landingstroke, wat korter
as 1,4km is;
• Deel 10: Die bou van fasiliteite of infrastruktuur vir die berging, of
vir die berging en hantering, van ’n gevaarlike artikel, waar sodanige
berging in houers met ’n gekombineerde kapasiteit van of 30–80m3
plaasvind.
• Die uitkapping van plantegroei, waar 75% of meer van die
plantegroeibedekking bestaan uit inheemse plantegroei wat in
grootte wissel van 300m2 tot 5 ha of meer (spesifiek tot die terrein se
omgewingsensitiwiteit).
Figuur 1 (links) bevat ’n diagrammatiese voorstelling van die basiese evalueringsproses.
Die volgende gelyste aktiwiteite onder GN R 545 sal vereis dat ’n proses van
omvangbepaling en omgewingimpakbepaling uitgevoer word:
• Deel 16: Die fisiese verandering van nuwe grond vir landbou, of
bosaanplanting vir die doel van kommersiële boom-, timmerhout- of
houtproduksie van 100 ha of meer; en
• Deel 19: Die bou van ’n dam waar die hoogste deel van die damwal
– gemeet van die buitenste onderkant van die wal na die hoogste deel
daarvan – 5 m of hoër is, of waar die hoogwatermerk van die dam ’n
gebied van 10 ha of meer beslaan:
Neem asseblief kennis dat daar bykomende Gelyste Aktiwiteite kan
wees wat landbouspesifiek is en nie hierbo genoem is nie, byvoorbeeld
akwakultuur en die produksie van vinvisse, skaaldiere, reptiele, amfibieë
weekdiere en waterplante. Omgewingsevaluering is ook nodig vir die
uitbreiding van landbou-fasiliteite, volgens bepaalde drumpels.
Indien enige van bogenoemde op ’n voorgenome aktiwiteit op ’n
plaas betrekking sou hê, word daar voorgeskryf dat die aansoeker ’n
onafhanklike Omgewingsimpakbepalingspraktisyn moet aanstel om die
omgewingsmagtigingsproses (basiese evaluering of omvangbepaling asook
omgewingsimpakbepaling) namens hom of haar te onderneem.
4. Omgewingsmonitering en -ouditering
Monitering van nakoming van omgewingsverantwoordelikheid
Een van die vereistes wat met die omgewingsmagtigingsproses gepaardgaan,
is dikwels die opstel van ’n omgewingsbestuurprogram (environmental
management program – EMPr). Hierdie dokument bevat riglyne om te
verseker dat alle aktiwiteite wat met die voorgenome ontwikkeling
gepaardgaan, op ’n omgewingsverantwoordelike en -aanvaarbare wyse
uitgevoer word. Dit sluit byvoorbeeld die veilige berging van gevaarlike
chemikalieë, die veilige plasing van wasfasiliteite, die doeltreffende beheer
van werkers se aktiwiteite, die implementering van gronderosiebestrydings
maatreëls en die nakoming van gesondheids- en veiligheidsregulasies in.
’n Omgewingsbestuursprogram is ’n wetlik bindende dokument wat riglyne
bevat waaraan boukontrakteurs en/of aansoekers moet voldoen, en wat
streng toegepas en gereeld gemoniteer moet word. Indien dit gedoen
word, kan die meeste potensieel nadelige omgewingsimpakte waarskynlik
geminimaliseer of voorkom word. Die omgewingsbestuursprogram moet op
die beginsels van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur gebaseer word,
asook op die aanbevelings vervat in verslae wat na afloop van die voorafgaande
basiese evaluering, omvangsbepaling en omgewingsimpakbepaling opgestel
is.
Die omgewingsbestuursprogram spesifiseer bestuursdoelwitte asook die
funksies en verantwoordelikhede van bestuurspersoneel op die perseel.
Die program sluit ook spesifieke versagtingsmaatreëls in vir die volle duur
van die ontwikkeling, wat in die volgende stadia geskied:
• beplanning en ontwerp
• voorbou- en bou-aktiwiteite
• die bedryf van die aktiwiteit
• die rehabilitasie van die omgewing
• afsluiting (waar van toepassing)
Die omgewingsbestuursprogram moet as raamwerk ten opsigte van die
monitering van en verslagdoening oor nakoming van die plan gebruik
word. Ten einde nakoming van die plan doeltreffend te moniteer, moet ’n
omgewingsbestuursbeampte (OBB) deur die aansoeker aangestel word.
Die OBB sal die perseel of fasiliteit gereeld inspekteer om seker te maak dat
aktiwiteite op verantwoo ɑ