168
2. Weerlig
Suid-Afrika is ’n geweldige hoë weerlig-risiko area het een van die hoogste
tempo’s van weerligslae per vierkante kilometer in die wêreld.
Weerlig hou ’n risiko in vir mense en lewende hawe en kan duursame
beskadiging van infrastruktuur veroorsaak. Dit is verantwoordelik vir tussen
1,5 en 8,8 sterftes per miljoen mense .
Suid-Afrika het ’n betreklik nuwe weerligvasstellingsnetwerk wat deur
die Suid-Afrikaanse weerdiens bedryf word en dit bestaan uit 24 sensors
landswyd. Hierdie verspreiding maak dit moontlik om weerligstrale op te
spoor (90% verspreidingsdoeltreffendheid) en het ’n 0,5km akkuraatheid
van die plek betref oor die grootste gedeelte van die land.
Volgens data wat sover ingesamel is is die windkant van die noordelike
Drakensberg die mees gevaarlikste plek om te lewe, wat weerlig betref. Die
digtheid van die noordelike Drakensberg se weerligblitse van 15/km2 het
uitgebrei tot in die noordelike KwaZulu-Natal en Mpumalanga Laeveld.
Die data wat ingesamel is van die netwerk word gebruik om kaarte vir
weerligrisiko’s op te stel. Dit wissel van ’n kaart wat gemiddelde weerligstrale
per munisipaliteit aandui tot ’n kaart vir weerligintensiteitsrisiko’s en ’n kaart
met positiewe risiko’s .
Terwyl die netwerk alreeds as bruikbaar beskou word moet die weerdiens
vir ’n verdere drie jaar inligting oor weerlig insamel alvorens die data as
omvattend beskou sal word in terme van wetenskaplike standaarde wat
deur die Buro van Standaarde gestel is.
Bron: “Calculating the deadly statistics of lightning strikes”, an article in
Business Day, 19 Maart 2012.
3. In tye van droogte
Veeboere kan die volgende stappe oorweeg om die uitwerking van droogte
te verlig:
• Deel u kudde volgens hul produksieklasse in, bv. dragtig, lakterend,
verse, jong bulle, osse, ens.
• Beperk die beweging van die diere ten einde energie te bespaar.
• Verskuif diere na skaduryke of warmer dele waar hulle gevoer kan
word.
• Maak seker die diere is gesond.
• Verdeel die beskikbare weiding en ander voer oordeelkundig tussen
verskillende produksieklasse.
• Gee altyd voorkeur aan die kwesbaarste diere, bv. koeie met jong
kalwers.
• Verminder die voer van nie-produserende diere deur hulle daagliks
kleiner porsies of elke tweede dag ’n volle porsie te gee. Nieproduktiewe diere kan met gemak ’n massaverlies van 10-12% oor ’n
lang tydperk hanteer.
• Volg deskundige raad om voer tot die maksimum te benut, bv. kleiner
porsies wat goedgebalanseerd is om beter in die behoeftes van
verskillende produksieklasse te voorsien.
• Dink kreatief deur afvalprodukte soos hoendermis (maak seker dat die
diere ingeënt is teen lamsiekte), sifsels, ens. te gebruik.
• Gebruik goedgebalanseerde rantsoene en hou by die aanbevelings van
vervaardigers; pas op vir te veel voer gee – dit is duur.
• Probeer om die porsies nie té gereeld te verander nie, maar hou dit
konstant en eenvoudig. Die spysverteringstelsel van ’n dier moet by
nuwe stowwe of veevoerverhoudings aanpas.
Bron: Dr. Herman Fouché en mnr. Johan van den Berg
Hieronder volg ’n voorbeeld van die maandelikse advies wat verskyn op
DLBV se maandelikse raadgewing (kry dit by www.daff.gov.za).
A. Reënafhanklike oesproduksie
• Verwyder uitheemse plante.
• Pas plantdigtheid aan.
• Oorweeg ’n konserwatiewe bemestingstrategie.
• Ondersoek gewasse gereeld en noukeurig vir plae en siektes om
uitgawes weens chemiese bestryding tot die minimum te beperk.
• Moenie onnodig baie aanplant nie.
• Moenie onnodig met nuwe gewasse eksperimenteer nie, en vermy
onnodige kapitaalbelegging.
• Bewaar water in vleie en damme.
• Verminder verdamping.
• Fasiliteer infiltrasie van afloopstormwater.
B. Veeboerdery
• Verwyder alle uitheemse plante.
• Versprei waterpunte reëlmatig deur weidingsgebied.
• Laat dele waar plante hulle blare begin verloor eerste bewei.
• Plant geharde bome of struike vir weiding.
• Hou goed aangepaste vee aan.
• Verskaf geskikte lekke en sorg dat droë gras smaaklik is.
• Jaag diere in kampe en voer hulle indien toestande verswak.
• Speen vroeg en voer jong diere intensief.
• Stel paartyd uit indien dit baie droog is.
• Verkoop oortollige diere en dun swak produseerders uit wanneer voer
min raak.
• Hou die beste jong verse in stand.
• Beheer getalle om oorbeweiding te voorkom en veld vir die komende
winter te bewaar.
• Bestry dieresiektes en parasiete.
• Voer dragtige en sogende diere meer.
• Evalueer die dravermoë van beskikbare weiding en pas die getal van u
veekudde daarvolgens aan.
C. Droëlandboerdery
• Verwyder uitheemse plante.
• Verwyder alle onkruid wat saadskiet, maar behou ander plantreste om
verdamping teë te werk.
• Verkry saad vir oes wat aangeplant moet word.
• Kontroleer