Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 168

166 Opleiding en navorsing BirdLife South Africa Tel: 011 789 1122 www.birdlife.org.za Navorsing word onderneem in, byvoorbeeld aanmelding van abnormale vrekte onder voëls, waarnemings en aanmeldings van Kalkoenibis en die Kaapse papegaai (Knysnapapegaai) Veldgidsvereniging van SuidAfrika (FGASA) Tel: 011 886 8245 www.fgasa.co.za FGASA bied individuele toeristegidse, natuur, kultuur en avontuurgidse, opspoorders en organisasies betrokke by die aanbieding van professionele gidsdienste aan lede van die publiek. Gids standaarde word gestel en gehandhaaf in die gidsbedryf. Verskeie FGASA-geakkrediteerde ondernemings bied voëlkursusse aan, byvoorbeeld Africa Nature Training, Eco Training, South-Africa and Limpopo Field Training Academy – www.africanaturetraining.co.za, www.ecotraining.co.za en www. limpopotraining.co.za). hulpbronne en goeie landboupraktyk Talle universiteite gee opleiding in ornitologie en voëlnavorsing. Hieronder word drie voorbeelde verstrek Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) Tel: 044 801 5028/111 www.nmmu.ac.za/georgecampus Universiteit van Kaapstad Animal Demography Unit Tel: 021 650 2421 http://adu.org.za Percy FitzPatrick-Instituut vir Afrika-ornitologie Tel: 021 650 3290/1/7 [email protected] www.fitzpatrick.uct.ac.za Universiteit van die Vrystaat Departement Dierkunde en Entomologie – 051 401 2489 Departement Genetika – 051 2595 www.ufs.ac.za Ander sluit in die RhodesUniversiteit, die Universiteit van die Witwatersrand en die Universiteit van KwaZuluNatal. 6. Publikasies en webtuistes • Die Voëlgids van Suider-Afrika (Ulrich Oberprieler, Burger Cillier) kan by www.lapa.co.za bestel word. Die Engelse weergawe heet The Bird Guide of Southern Africa. Dit kan by www.gameparkspublishing.co.za bestel word. •Die verskillende boeke deur Ian Sinclair, in Engels en in Afrikaans, kan op www.kalahari.net gekry word. Dit sluit in: - Sasol Birds of Southern Africa - Sasol larger illustrated guide to birds of Southern Africa • Southern African Birdfinder Callan Cohen, Claire Spottiswoode ISBN 186872-725-4 • Voëls van die bosveld S.C. Kidson, H.L. van Niekerk ISBN 978-1-875093-885 Verkrygbaar by Kejafa Knowledge Works. Besoek www.kejafa.co.za. • Remarkable Birds of South Africa deur dr. Peter Milstein, gepubliseer deur Briza. Gaan na www.briza.co.za. • Newman’s Birds by Colour Kenneth Newman (Struik Nature) • Adventures With Nature hou sekere boeke oor voëls aan, byvoorbeeld “Sasol books” en die “Roberts” reeks. Gaan na www.awn.co.za. • Besoek die” Indicator Birding” webtuiste, www.birding.co.za, vir bywerkings oor voëlkursusse en voëltoere, ens. • Prente, aflaaistukke en talle voëlverwante skakels is verkrygbaar op www.birdlife.org.za • www.sabap2.org – Southern African Bird Atlas Project 2, “Mapping the distribution and abundance of birds in South Africa, Lesotho and Swaziland” • www.worldmigratorybirdday.org – World Migratory Bird Day (WMBD) is ’n wêreldwye inisiatief wat die viering van trekvoëls ten doel het en hul bewaring oor die wêreld heen bevorder. • SA Birding – www.sabirding.co.za • The International Crane Foundation – www.savingcranes.org • www.sanccob.co.za, webtuiste van die Suid- Afrikaanse stigting vir die Bewaring van seevoëls • Kry die verskillende opsies rakende papegaaie by www.thomasriver. co.za. Ons bedank Hannelie Smit en Martin Taylor van Birdlife SA vir terugvoering op die konsepdokument. Weer en klimaat Lees ook die hoofstuk oor aardverwarming en klimaatsverandering in die afdeling oor nasionale kwessies. 1. Oorsig Suid-Afrika is In betreklike droë land. Die klimaatstreke wissel van woestyn tot halfwoestyn in die weste, tot taamlik nat in die oostelike dele teen die Indiese Oseaan. In vergelyking met die res van die wêreld het Suid-Afrika ’n baie lae gemiddelde reënval - 470mm per jaar wat ongeveer die helfte van die wêreldgemiddelde is. Suid-Afrika se reënval is onbetroubaar en onvoorspelbaar. Die land word van tyd tot tyd deur ernstige en langdurige droogtes geteister wat dikwels met hewige vloede gebreek word. Verskeie verklarings word vir die wisselvallige reënval gegee. Een rede hou verband met die oseane wat die land omring en ’n ander hou verband met Suid-Afrika se posisie wat die wêreld se weer en klimaatstelsels betref. Ons kry soms reën as warm, vogtige lug uit die noordweste oor die land inbeweeg. In die suidweste van die land bring kouefronte gewoonlik winterreëns. Daarby beïnvloed La Niña en El Niño ook ons reënval. As gevolg van die topografie en die reënvalverspreiding beland 60% van Suid-Afrika se afloopwater in riviere wat slegs deur 20% van die land (die oostelike deel) vloei. Die Drakensberge keer die meeste wolke in die ooste waar dit goed reën. Die reënwater vloei langs die steil hange van die Drakensberge af, beland in die riviere van KwaZulu-Natal en loop daarvandaan in die see. ’n Gemiddeld van slegs 9% reën bereik die riviere. Suid-Afrika val in die subtropiese hoogdrukstone en is daarom In ietwat droë land met oorvloedige sonskyn. Weer • Weer is die toestand van die atmosfeer op ’n bepaalde tydstip of vir ’n baie kort rukkie bo ’n sekere gebied. • Al die weerverskynsels word noukeurig beskryf en gemeet. Hulle is onder andere atmosferiese druk, temperatuur, lugvogtigheid, neerslae, wolke, windsnelheid en windrigting. Die heersende weerstoestande en hoe die weer oor die volgende dae, weke of maande ͅ