Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 132

130 Wanneer om nie te brand nie hulpbronne en goeie landboupraktyk Brande 1. Oorsig Onbeheerde veldbrande lei tot direkte verliese in terme van: • lewensverlies en ongeskiktheid, weens bos- en/of veldbrande • verlies van behuising en besittings wanneer grasdak- of houthuise aan die brand slaan • verlies van weiding, oeste, lewende hawe en natuurlike hulpbronne Boere word aangeraai om: • seker te maak dat brandbestrydingstoerusting maklik toeganklik en in ’n werkende toestand is • brandstroke of voorbrande voorsiening te maak • deel te neem aan plaaslike brandbestrydingsvereniging-aktiwiteite Daar is skrikwekkende verhale van wegholveldbrande. Tydens die Augustus 2011-brande in die Noordwesprovinsie het die wind, wat teen 80km per uur gewaai het, van rigting verander. Op baie van die plase is vee wat vir hul eie veiligheid in die krale gejaag is, vasgekeer. ’n Boer het in ’n watertrog gelê om te oorleef, terwyl sy vee doodgebrand het rondom hom. Gaan lees gerus die artikel “NSPCA and SPCAs confront runaway fires” by www. nspca.co.za. Gedurende die “brandseisoen” word daar ook heelwat oor die onderwerp geskryf in die landbouweekblaaie. 2. Wanneer dit nodig is om jou veld af te brand In Afrika, waar weerlig algemeen is en mense al duisende jare lank die veld afbrand om hul weiding se gehalte te verbeter, het veldbrande ’n lang geskiedenis. Veldbrande is egter ook ’n omstrede kwessie en word in party lande geheel en al verbied. Veldbrande kan inderwaarheid ’n nuttige veldbestuurspraktyk wees, maar in die verkeerde toestande kan dit ook groot skade aan die veld aanrig. Veldbrande is ’n goeie dienskneg, maar ’n slegte meester. Die veld word hoofsaaklik om twee redes afgebrand: • om van opeengehoopte organiese materiaal ontslae te raak, veral in gebiede met ’n hoë reënval • om bosindringing te bestry of te voorkom. Wanneer om te brand Die regte tyd om te brand word nie net deur die korrekte seisoen van die jaar bepaal nie, maar ook deur die hoeveelheid beskikbare ontvlambare materiaal, en is waarskynlik so na moontlik aan die eerste lentereëns. Indien ’n mens die veld vroeër in die jaar brand, word die afgebrande veld aan koue en laat winterwinde blootgestel, wat kosbare voedingstowwe in die vorm van as kan verwyder. Boonop word die nuwe grasse verswak deurdat hulle op hul reserwes moet staatmaak om vir lang tye sonder water te kan oorleef. Dit is veral die geval wanneer die veld vir weiding gebruik word. In beide gevalle is die teenwoordigheid van ’n digte klomp meerjarige gras belangrik. Deur veld wat in ’n swak toestand is af te brand, sal die veld se toestand net verder verswak. Wanneer daar gebrand word om bosindringing te bestry, is dit belangrik dat daar digte, droë gras onder die bosse moet wees om ’n warm vuur te genereer. Dit is raadsaam om nie die veld onder die volgende toestande af te brand nie: • Moet nooit brand om groen weiding buite seisoen te stimuleer nie. Hierdie praktyk het dieselfde negatiewe gevolge as oorbeweiding en sal op die lang duur tot grootskaalse agteruitgang van die veld