Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 130

128 hulpbronne en goeie landboupraktyk Biologiese boerdery Sien ook die “Bewaringsgrondbewerking”, “Erdwurms en wurmkompos”, “Kompos en kompostee”, “Organiese boerdery“ en “Spesialiteitskunsmis” hoofstukke. 1. Oorsig • Biologiese boerdery gebruik die natuur en wetenskap om die kwaliteit van die grond op te bou. Wanneer die gesondheid van die grond verbeter word, verbeter dit terselfdertyd die gesondheid van plante, diere en die mens. • Dit maak gebruik van natuurlike prosesse wat wisselbou, bewerkingsmetodes, die aanplant van groen bemesting, doeltreffende veemisbestuur, vermindering van toksien, bevordering van grondlewe en balansering van die grondminerale insluit. Natuurlike prosesse en stelsels verbeter die grondstruktuur en beheer ook onkruid, peste en siektes en verbeter die kwaliteit van die gewas. • Saam met natuurlike stelsels en metodes, inkorporeer biologiese boerdery die beste van konvensionele metodes om produksievlakke en kwaliteit te handhaaf. • Biologiese boere vermy die gebruik van skadelike chemikalieë soos onkruiddoders, plaagdoders en sekere bemestingstowwe wat lewe in die grond vernietig. ’n Biologiese boer kan moontlik in ’n noodgeval minder gevaarlike chemikalieë gebruik om sy oes te red, maar sal terselfdertyd maatreëls tref om die grondlewe te herstel deur produkte soos kompostee en mikrobes te gebruik om die grond te suiwer van skadelike chemikalieë. • Biologiese boerdery is 80% op pad na organiese boerdery – dit is relatief eenvoudig vir ’n goed gevestigde biologiese boer om oor te skakel na organiese boerdery. • Biologiese boerderymetodes bied ’n lewensvatbare manier om hoë kwaliteit voedsame produkte te produseer sonder die gebruik van nieorganiese kunsmis, plaagdoders of genetiese modifikasie. Die reëls van biologiese boerdery: • toets en balanseer grondtipes deur ten minste 21 parameters te gebruik – die Albrecht-stelsel • gebruik slegs grondvriendelike bemesting • gebruik die minimum onkruid- en plaagdoders • gebruik gesonde verbouingspraktyke • gebruik peulgroente in gewasrotasie • geb