Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 128

126 Navorsing en opleiding Biosistematiese navorsing Biosistematiese navorsing dra by tot die uitvoering van die staat se verpligting met betrekking tot die vereistes van die Internasionale Konvensie oor Biologiese Diversiteit (International Convention on Biological Diversity) in die ontdekking, beskrywing en dokumentering van biodiversiteit van SuidAfrika. Natuurwetenskaplike versamelings: Die Natuurgeskiedenisversamelings in Suid-Afrika is onder die belangrikste en mees omvattende biologiese en taksonomiese verwysingshulpbronne van hul soort in Afrika. Die versamelings is ’n biologiese hulpbron van onskatbare waarde om wetenskaplikes in staat te stel om in Suid-Afrika se behoefte aan inligting oor plaagbeheer, bewaring en die volhoubare gebruik van voordelige organismes te voorsien. Die instandhouding, beveiliging en ontwikkeling van natuurwetenskapversamelings en verwante biologiese verwysingshulpbronne is van strategiese belang vir die bestuur van natuurlike hulpbronne en die bewaring van biodiversiteit in Suid-Afrika. Nasionale opnames: Verskeie Nasionale Opnames word tans in ons land onderneem: • Botaniese opname • Voëlatlas • Reptielatlas • Skoenlapperopname • Suid-Afrikaanse Nasionale Opname van Arachniede • Suid-Afrikaanse Opname van Plantparasitiese Nematodes • Suid-Afrikaanse Opname van Indringerplante SANBI, Natuurwetenskapmuseums, navorsingsrade en universiteite onderneem biosistematiese navorsing. Inisiatiewe Die oorkoepelende doel van die Projek vir Ekosisteemdienste (ProEcoServ) ’n GEF-befondsde sambreelprojek is om beter integrasie te bewerkstellig tussen ekosisteemassessering en ekonomiese valuasie van ekosisteemdienste in onderhoubare nasionale ontwikkelingsbeplanning. Lees meer by www.proecoserv.org. Lees oor die Restoring National Capital of RNC Alliance by www. rncalliance.org. Prof. James Blignaut van die Universiteit van Pretoria is die Suid-Afrikaanse kontak. Hulle leuse is “Ekonomie waarin die natuur saak maak en ekologie waarin mense saak maak”. “GreenChoice” is ’n nasionale alliansie wat volhoubare produksie en oeste in Suid-Afrika bevorder, deur die winsgewendheid, mededingendheid en volhoubaarheid van omgewingsgesonde produkte te ondersteun. Lees meer daaroor onder die “Biodiversity economy” kenteken by www.capeaction. org.za. Inligting en kontakte word vir die volgende gegee: • wyn • seekos • heuning • sitrus • volstruis • suiker • sitrus • rooivleis • vleis • aartapples • wol • veldblomme • rooibostee • pekanneute Konsultante en ondernemings • Africa Land-Use Training (ALUT) www.alut.co.za • Anchor Environment Consultants www.anchorenvironmental.co.za • Andisa Agri www.andisaagri.com • Crystal Clear www.crystalclear.co.za • Eco Africa www.ecoafrica.co.za • Envirokonsult www.envirokonsult.co.za • Enviromental Management and Assessment Consultants www. sa-environmental.co.za • FutureWorks www.futureworks.co.za • Imbewu Enviro-legal Specialists www.imbewu.co.za • Janet Edmonds Consulting Tel: 033 940 0450 www.jecenviro.co.za • Local Biodiversity Solutions www.localbiodiversity.com • MBB Services International www.mbb.co.za • Strategic Environmental Focus (SEF) www.sefsa.co.za African Land Use Training (ALUT) Tel: 014 717 3819 www.alut.co.za Rhodes Universiteit Environmental Learning Research Centre Tel: 046 603 8390 www.ru.ac.za/elrc ALUT bied kursusse aan soos Natuurlike Hulpbronbestuur op die SANBI Q