116
Wolf Bernhardt Consulting
Tel: 031 266 3258
www.wbconsulting.co.za
Xtreme Projects
Tel: 041 582 2211 / 082 828 6762
www.xtremeprojects.co.za
’n Raadgewende diens wat
vraagstukke, soos hoe om kompos
van
landbouafvalprodukte
te
maak, veral in die suikerrietbedryf
hanteer.
Deeglike skoonmaak, brand- en
herstel van water, bioremediëring
van besmette grond, suur- en
oliestortings, ens.
Munisipaliteit
Ethekweni Waste Materials
Recovery Industry
Development Cluster
Tel: 031 765 2349 / 082 415 8138
http://use-it.co.za
www.durban.gov.za
Pikitup
Tel: 011 375 5555
www.pikitup.co.za
Opleiding en navorsing
LNR-NIPB
Plaagdoderwetenskapafdeling
Tel: 012 808 8000
Die
plaagdoderanaliselaboratorium
is
betrokke
by
die
ontwikkeling
van
nuwe
ontledingsmetodes
vir
kwantitatiewe
ontleding
en
bevestiging
van
plaagdoderoorblyfsels, insluitend;
insek-, onkruid- en swamdoders
in die lug, grond, water, plant- en
diermateriaal, voedsel en voer,
asook formulering en tegniese
materiale.
Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR)
Tel: 012 841 2911
www.csir.co.za
Kry die “Natural resources and the
environment” en “Pollution and
waste” opsies op die webtuiste.
National Cleaner Production
Centre
Tel: 012 841 3772
www.ncpc.co.za
Noordwes-Universiteit
Eenheid vir
Omgewingswetenskappe en
-Bestuur
LNR-Instituut vir Landbouinge
Prof. L. van Rensburg
nieurswese(ILI)
[email protected]
Tel: 012 842 4000
Mnr. P van Deventer
.W.
www.arc.agric.za
[email protected]
www.nwu.ac.za
Navorsing en opleiding gedoen in
plaasstrukture (sluit fasiliteite in vir Universiteit van KwaZuludie hantering van mis )
Natal
Departement van Siviele
Die
BeauTi-FueL™
Projek Ingenieurswese
verander landbouafval en gemors Dr. Ntlibi Matete, Ntlibi – 031 260
in vloeibare brandstof, elektrisiteit, 3056
waks en paraffien. Die tegnologie is Prof. Chris Buckley – 031 260 3131
ontwikkel deur ’n ingenieurspan van Me. Jennifer Blight – 031 260 7185
die Universiteit van Witwatersrand www.ukzn.ac.za
en Suid Afrikaanse Kernenergie
Koöperasie (NECSA). Dit is Dr. Nicola Rodda – 031 260 3015
vertoon by COP17, Durban in – verteenwoordig biowetenskappe
November 2011 met planne vir ’n in die Besoedelingnavorsingsgroep.
funksionele prototipe om vertoon
te word by verskeie plekke in die ZERI – Southern Africa
tweede helfte van 2012. Kry die (Zero Emissions Research &
BeauTi-Fuel kiesopsie by www. Initiatives) – kyk onder die vroeër
“Verenigings en NSO’s” opskrif
necsa.co.za of skakel 011 717
7510(Wits School of Chemical and
Metallurgical Engineering)
5. Punte van beland vir boere
Chemikalieë
Die swak bestuur van plaagdodertoediening lei tot ernstige
werkomgewingsprobleme. Die regulasies met betrekking tot plaagdoders
is oor die algemeen goed, maar word verswak deur ’n administratiewe
skeiding tussen verskeie staatsdepartemente en wette. Die afdwing van
regulasies word grootliks gebaseer op selfregulering: hoeveel boere kom
die vereistes na? Om chemiese bespuiting te doen, moet die chemikalieë
in die bespuitingsmasjinerie gelaai word. Die gevaar bestaan dat chemiese
storting, tydens die laai van chemikalieë in die masjinerie (hetsy vir lug- of
grondbespuiting), kan plaasvind. Swak beheer daarvan is nie ’n ongewone
verskynsel nie en die stortings bou mettertyd ’n laag giftige chemikalieë op.
Voorkoming is beter as beheer en waar moontlik moet storting voorkom
word. Indien daar egter storting plaasvind, moet dit goed beheer word.
Die gestorte chemikalie wat opgevang word, kan dan steeds gebruik word
indien dit onbesmet in die afgebakende gebied gehou word. As alternatief
kan die chemikalie deeglik behandel en vernietig word.
Besproeiingsoorloop kan oesbeskermingschemikalieë in bogrondse of
ondergrondse water invoer, selfs al duur dit ’n hele paar jaar. In Denemarke
het daar, byvoorbeeld, 50 jaar ná die gebruik van plaagdoders, spore van die
plaagdoders in grondwater begin opduik.
Ander nadelige chemikalieë wat op plase gebruik word en omgewingsgevolge
het, sluit die gebruik van verf, terpentyn, kreosoot, en dies meer, wat dikwels
in groot hoeveelhede vir instandhouding op plaaseiendom gebruik word, in.
Daar word dikwels nie op die regte manier van die afvalmateriaal en houers
ontslae geraak nie, en dit veroorsaak gesondheids- en omgewingsprobleme
wat met oplosmiddels, swaarmetale en ander problematiese chemikalieë
verband hou.
Houerbestuur
Die bestuur van chemieseverpakkingsafval is ’n belangrike omgewings-,
gesondheids- en veiligheidskwessie. Die houers van plaag- en onkruiddoders
wek veral kommer. Sodra die houers leeg is, moet hulle baie omsigtig
hanteer word. Voor daar van die houers ontslae geraak word, moet hulle
deeglik skoongemaak word. Dan moet die afspoelwater behandel word.
Gate moet in die houers gemaak word voor dit platgedruk en van ontslae
geraak word. Die houers beland dikwels nie in stortingsterreine wat korrek
bestuur word nie. Indien daar nie gate in hulle gesteek word en die houers
nie platgedruk word nie, is hulle in aanvraag en kan hulle selfs gesteel word
(bv. vir gebruik as waterhouers in landelike gebiede). In die gevalle is die
waarskynlikheid van ’n gesondheidsgevaar vir eindgebruikers baie hoog.
Boere is bekend daarvoor dat hulle hierdie leë plastiekhouers, asook leë
plastieksakke waarin kunsmis verpak was, in oop vure op plase verbrand.
Hierdie verbranding teen ’n lae temperatuur lei tot die vrystelling van
dioksiene wat ’n gevaar vir die omgewing en die gesondheid van mense
inhou. Hierdie vrystellings in die lug, weens die verbranding van plastiek
(teen temperature van <400oC), is kankerverwekkend en derhalwe
potensieel nadelig vir diegene wat die dampe inasem.
Voertuiggebruik en -instandhouding
Die instandhouding van plaastrekkers en vragmotors vir vervoer lei daar
toe dat gebruikte olie en oliefilters, asook ander stowwe, gegenereer word.
Een plaas kan binne ’n jaar duisende liters gebruikte o ƖRV