BLOSS JooMag_Oct 001 | Page 14

cover girl geskryf deur Francois olivier “Dis nie noDig om soos ’n bus te voel as jy swanger is nie” hulle iets aantrek waarin hulle nie gemaklik is nie. Dit maak jou selfbewus en mens kan dit van ’n myl af sien. Selfvertroue is belangrik! Daar is niks wat rooi lippe nie kan regmaak nie.” Zetske het onlangs ook ’n klerereeks begin vir swanger vroue, Halo Maternity. “Dit is nie nodig om soos ’n bus te voel as jy swanger is nie, jy het die reg om mooi te voel en jou magie af te wys.” AlexAnder Zetske en Altus het nie gedink dat hulle ’n seuntjie sou kry nie en het net ’n string dogtertjie name neergeskryf. Hulle het besluit om eers ’n naam te kies wanneer hulle hom fisies gesien het. Op 30 September 2016, is Alexander gebore, met ’n naam wat ‘verdediger van mense’ beteken. Met sy geboorte het die dokters en susters gegons oor hoe sterk hy is. “Ons het die naam Alexander gekies omdat dit ’n sterk naam is. Ek het nog al- tyd van die naam gehou. Ek en Altus sê altyd dat dit spesiaal is dat ons name begin met die letters waarmee die alfabet begin en eindig. Ons het eers later agtergekom dat die naam Alexander ook albei daardie klanke besit.” Ons vra haar wie se persoonlikheid hy die meeste na trek en sy antwoord met ’n passie wat brand in haar oë. “Hy is uniek en hy het sy eie persoonlikheid. Hy het beslis Altus se woeligheid en besige natuur gekry.” Ou en nuwe Zetske Soos die titel van ouer nuwe geleenthede bring, so weet ons ook dat ons van sommige ou gewoontes moet afskeid neem. “In die verlede kon ek en Altus lekker impulsief wees, nou vat alles meer tyd en beplanning. Ons het altyd tv-series ge-binge, maar nou slaap ons eerder in ons af-tyd.” drOme vir AlexAnder Dit is so maklik om as ouer jou drome deur jou kind uit te leef. “Dit is vir my baie belangrik om nie vooropgestelde idees te hê van wat ek wil hê hy moet word nie. Ek wil hom nie onbewustelik in ’n rigting druk nie. My droom vir hom is dat hy sy roeping sal vind en dat God hom sal seën met geluk, gesondheid en guns. So baie jong mense val rond omdat hulle nie weet wat hulle doel in die lewe is nie. Ek dink Alexander het die regte kombinasie van linker- en regterbrein, om enige iets te kan word.” 12| september 2017|www.blossmag.co.za die OpOffering Ná haar metamorfose, deel Zetske oor hoe sy haar ou self graag opoffer elke dag vir haar seuntjie. “Ek moes my perfeksionisme prys gee”, vertel sy. “Ek het geleer dat alles nie altyd op tyd, perfek óf skoon hoef te wees nie. Ek moes veran- dering en onvoorspelbaarheid aanvaar. Om ʼn kind te hê, is glad nie glamorous nie. Jy is meeste van die tyd óf vol kos, of spoeg. Die dag toe ek my perfeksionisme laat gaan het, was die dag wat ek besef het dat ek ’n gelukkiger mens is. Daar bestaan nie iets soos die perfekte vrou of ma nie. Ek het geleer om die lewe met al sy veranderinge te omhels.” Na ons kuier met Zetske, weet ons dat daar nog baie wag vir hierdie sprankelvrou. Vir al die vrouens en mammas daar buite, ons hier by BLOSS glo in jou. Jy kan goed lyk en voel in enige seisoen. Die wêreld lê en wag. Õ