BLOSS JooMag_Oct 001 | Seite 12

cover girl
Geskryf deur Francois Olivier social @ blossmag. co. za

Metamorfose perFeksiOnis tOt ma

Nie net’ n gesoute besigheidsvrou, aktrise, model, sangeres of mode-ontwerper nie, maar onlangs het ons eie Zetske van Pletzen ook die portefeulje van Mamma by haar lewe gesit. Ons het gaan koffie drink en sy vertel oor haar onlangse lewens metamorfose na mamma en hoe haar lewe nou eers begin.

FOTOS | Francois Olivier. VIDEO aGter die skerms | Jukwaa media. STILIS En prODukSIE | madgie raats. HArE & grImErIng | Follicle Hair atelier. uITruSTIng | House of superior Clothing. juwELE | Jenna Clifford. VEnuE | Galagos Country estate.

Zetske van Pletzen is’ n regte go-getter wat van kleins af al die lewe reg by die horings pak. Op skool wou sy aan alles deelneem.“ My ma het al vir my gesê dat ek eerder op één ding moet fokus, maar dit is nie in my persoonlikheid nie.” Dit is baie duidelik aan haar lewe, dat sy nie alles net aanpak nie, maar dat sy alles met uitnemendheid aanpak. Zetske vertel ons meer oor haar definisie van wie sy is en hoe dit verander het.“ My definisie van myself het baie verander, waar ek voorheen baie op my beroep gefokus het, is ek nou meer laid-back. My lewe was vol en gejaagd, maar vandat ek mamma geword het, moes ek leer om stil te word en om in elke oomblik te wees. Meer as dit, word ek nou minder gedefinieer deur my

10 | september 2017 | www. blossmag. co. za werk – ek is eerstens’ n vrou en mamma en dán’ n aktrise en mode-ontwerper.”
Zetske oor balans
Vir iemand wat nié net’ n vrou, aktrise, mode en mode-ontwerper is nie, maar ook nou mamma en vervaardiger is, vra ons haar hoe sy dit alles balanseer.“ My balans kom in by Altus. Hy forseer my soms om net rustig te raak en saam met hom TV te kyk.” Sy vertel ook dat haar lewe nou meer betekenis het.“ Vandat ek’ n mamma geword het, het ek nou’ n rede om alles te doen.” Sy deel ook graag haar belangrikste les as mamma.“ My ma het vir my gesê dat ek die veranderinge wat kom moet ophou veg en dat ek dit moet omhels. Ek dink dit was een van die wysste dinge wat sy vir my kon sê.” daaragter wees.”
Zetske & mode
As dit kom by mode, is Zetske’ n voorstaander van simplisiteit en klas. Sy sê dat jy nie soos’ n tannie hoef aan te trek net omdat jy’ n ma is nie. My ma het al vir my gesê dat ek nog soos’ n tiener aantrek. Dit is eintlik’ n kompliment. Ek hou nie van die idee van die tipiese mommy look nie.” Sy deel graag mode raad met mammas.“ Dit is nie nodig om’ n melt-down te hê voor jou kas nie. Kry vir jou’ n paar go-to nommertjies wat altyd goed lyk, vir dae wat niks goed voel nie. Die grootste styl-fout wat vroue maak, is dat