ONS INSPIRASIE
G eskryf deur Marolee Smith
trends@blossmag.co.za
@trends_by_m
NAEL KREATIEF
Ons het nou al nael trends gesien van
alle kleure en geure. Kort, lank, rond
gepunt. Daar is steeds geen einde
aan die moontlikhede met kreatiewe
naels nie. Hierdie somer is bold,
helder en nog meer “wow” naels
orals te sien. Die 5 groot trends vir
naels dié somer is baie opwindend.
Metallic ombré, gedeeltelik swart,
popkunsgrafika, minimalistiese
kubisme en subtiele glitter. Moet
nie bang wees om met helder kleur
te speel nie. Wees eksentriek en
druk jou eie kreatiewe stempel op
dié trends.
MAROLEE
SMITH IS AL ‘N
GERUIME TYD
BEDRYWIG in die interior
industrie, met onder andere ‘n
dekor winkel op haar kerfstok.
Haar fokus het egter verskuif
na stillering asook trou en
events beplanning. Sy is
gedurig op die uitkyk vir nuwe
inspirenrede modes en trends.
Sy is versot op haar twee
poodles, Phoebé en Khaleesi.
CAMA CHAMELEON
Metamorfose
“When she transformed into a butterfl y,
the caterpillars spoke not of her beauty,
but of her weirdness. Th ey wanted her
to change back into what she had always
been. But she had wings” – Dean Jackson
ONVERMYDELIKE VERANDERING
Niemand hou van verandering nie. Dis ʼn veralgemening – maar meeste van die
tyd sukkel ons daarmee, want as dinge verander moet ons iets doen. Dit verg
inspanning en moeite – só baie moeite! Dis makliker as die lewe net oor ons
spoel, dan hoef jy nie té hard te dink nie. Dis makliker om weg te kruip as om te
verander. Verandering is onafwendbaar. Partymaal kom dit soos ʼn trop spring-
bokke oor die vlakte – baldadig met geen keer nie. Partymaal is dit so klein dit
is amper onherkenbaar, asof slegs ʼn roering in die wind. Ander kere is veran-
dering nodig, skree dit om uit te kom en is ons nie bereid om die nodigheid raak
te sien nie. Ons klein wêreld tol om en om en om en ons kan niks daaraan doen
om dit te keer nie. So dit laat ons uiteindelik met ʼn keuse. Gaan ons die wêreld
en al sy moontlikhede wat wag, opsy skuif? Gaan ons ʼn kans vat en kyk hoe ʼn
hele nuwe manier van bestaan vir ons oopgaan. Die ding met kanse vat is, ja dis
angswekkend! Dit kan dalk net dié beste ding ooit wees wat met jou gebeur. Al
wat jy moet doen is glo. – Die Boekklub
8| oktober 2017|www.blossmag.co.za
funky!
EIE EK
“There is nothing prettier in the world
than a girl in love with every breath she
takes.” - Atticus. Ons is deesdae so behep
met die perfekte plankdunlyfie, meer
oefen, minder eet, maerder, minder…
genoeg! Dames, dit is hoogtyd dat ons
onsself in enige grootte en vorm, liefhê
en embrace! Hier is nou ’n groep vrouens
wat genoeg gehad het en besluit om saam
te span en die vroulike skoonheid te vier.
Body Positivity is ’n inisiatief deur Tana
Ferreira en Isabel de Villiers. Hulle funky
geborduurde T-hemde veroorsaak reeds
waves in die ontwerp en mode industrie.
Well done girls, we salute you! Bestel
joune by diekaalkonyn.com
at3
Ons is dol oor geel make-up wat nou
oraloor te sien is in die make-up wêreld.
Maak hierdie nuwe trend jou eie deur te
eksperimenteer. Geel make-up is nie net
beskikbaar as oogskadu nie, maar ook
blosser. Celebs soos Beyonce, Adriana
Lima en Blake Lively is al gesien met
hierdie nuwe look. As jy braaf genoeg
is, probeer gerus ook geel lippe vir die
somer. Hoe geler hoe beter!