of die stelsel se druk, lewering en waterverspreiding is soos in die tegniese verslag
beskrywe is.
Vir kleiner ontwikkelings kan die voorlopige
tegniese en ontwerpverslag gekombineer
word.
Die volgende inligting behoort in ’n
ontwerpverslag verskaf te word:
Uitlegplan
Uitleg van die blokke en detailplanne van elke
blok. Twee afskrifte behoort verskaf te word,
een vir installasiedoeleindes en een vir rekords.
Kosteberaming
Prysberaming van die totale projek en elke fase van die projek indien van toepassing.
Hoeveelheidslys
Lys van items wat benodig word per blok wat
gebruik gaan word.
Detailsketse van toerusting om installasie te
vergemaklik
Kraanaansluitings: Tekeninge van die krane
met die verlangde toebehore.
Filterbanke: Tekeninge van die volledige
filteropstelling met spruitstukke en krane.
Pompe: Tekeninge van die pomp met die
benodigde toerusting.
Pompkurwe
‘n Pompkurwe waarop die dienspunt
aangedui word vir gebruik sodat die pomp se
doeltreffendheid en die drywing benodig
maklik afgelees kan word. Die pompkurwe
word ook benodig indien die bestaande
besproeiingstelsel in die toekoms uitgebrei wil
word.
Finale tegniese verslag
‘n Verslag wat die hulpbronne beskryf wat
deel uitmaak van besproeiingsontwikkeling en
kortliks die werking van die stelsel beskrywe.
Onderhouds- en bestuurshandleiding
‘n Volledige handleiding hoe om die
besproeiingstelsel te bestuur en te onderhou is
nodig om te verseker dat die werkverrigting
van die geïnstalleerde besproeiingstelsel altyd
optimum is.
SABI spitsontwerpvorm
Tegniese ontwerpspesifikasies waaraan die
ontwerp voldoen.
Dit is belangrik dat die produsent hom/haar
vergewis van die spesifikasies waaraan die
ontwerp vir die voorgestelde besproeiingstelsel voldoen en in die meeste gevalle kan al
die inligting verkry word in die finale tegniese
verslag en spitsontwerpvorm. Sien Tabel 1.
Besproeiingstelsel ontwikkeling moet reg
gedoen word en die sukses of mislukking van
besproeiing hang tot ‘n groot mate af van die
versigte keuse, deeglike beplanning, akkurate
ontwerp, effektiewe bestuur en goeie onderhoud. In hierdie verband is dit belangrik dat
die ontwerpnorme van die Landbou
Navorsings Raad se Instituut vir Landbouingenieurswese en die Suid-Afrikaanse
besproeiingsinstituut te gebruik.