Agri Kultuur September / September 2016 | Page 14

Felix Reinders Landbou Navorsings Raad - Instituut vir Landbou Ingenieurswese Foto’s verskaf B esproeiingstelsel ontwikkeling se sukses is gegrond op die feit dat die regte keuse uitgeoefen is by die aankoop van die besproeiingstelsel, die besproeiingstelsel landboukundig aangepas is, die stelsel reg ontwerp is en natuurlik reg bestuur word om beskikbare waterbronne optimaal te benut. Goeie samewerking tussen die produsent en die ontwerper is dus van uiterste belang om die sukses te verseker van die besproeiingstelsel.     Dit is dus belangrik dat die ontwerp van ‘n besproeiingstelsel volgens gegewe ontwerpnorme uitgevoer word en hier kan die riglyne van die Landbou Navorsings Raad se Instituut vir Landbou-ingenieurswese (LNRILI) en die Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut (SABI) gevolg word.  ’n Besproeiingstelsel moet gekies word op grond van die kapitale koste, die regte ontwerp en die optimering volgens bedryfskapitaal. Nadat ‘n besluit geneem is om ‘n besproeiingsstelsel te ontwikkel behoort die volgende stappe gevolg te word tydens die ontwikkelingsproses van die besproeiingstelsel:  Bepaal deur multi-dissiplinêre samewerking die ontwerpspesifikasies vir die   verlangde besproeiingstelsel en besluit op ‘n ontwerper. Die ontwerper voer ’n lewensvatbaarheidstudie uit. Die ontwerper verskaf ‘n voorlopige tegniese verslag met kostes van die besproeiingstelsel as deel van die lewensvatbaarheidstudie. Die lewensvatbaarheidstudie word gebruik vir aansoek van finansiering. Indien die finansiering gereël is, kan die ontwerper voortgaan met ‘n detail ontwerp en die voltooiing van ’n ontwerpverslag soos hiernaas uiteengesit. (Dit is ’n verslag met minimum inligting soos voorgeskryf deur SABI en LNR-ILI). Hierdie ontwerpverslag sluit die skeduleringsbeplanning, detail ontwerp, planne en kosteberaming in. Die ontwerpverslag word bespreek en indien aanvaarbaar, kan die toerusting aangekoop en geinstalleer word. Na installasie word die veranderings, indien enige wat tydens installasie aangebring is, aangeteken en aangeheg aan die ontwerpverslag. ‘n Evaluasie word dan uitgevoer op strategiese plekke in die besproeiingstelsel om vas te stel of dit wat in die ontwerpverslag gespesifiseer is, geïnstalleer is en