voorkom. Glifosaat beheer dus net
plante en nie mikro-organismes of
diere en insekte nie. Dit is skadeloos vir mens en dier. Wanneer
glifosaat met grond in aanraking
kom, word dit baie vinnig gedeaktiveer omdat hierdie chemiese
verbinding deur grond-mikrobes
afgebreek word, en daarby bind dit
sterk aan gronddeeltjies en kan dus
nie deur plantwortels opgeneem
word nie.
Geen produkte vir gebruik in landbou of huistuine wat chemies van
aard is, met ander woorde, waar
die aktiewe bestanddeel ’n chemikalie is wat onkruid, plantsiektes en
skadelike insekte bekamp, mag
verkoop word alvorens dit nie deur
‘n streng evalueringsproses gegaan
het nie. Dié middels word in SuidAfrika gereguleer volgens bepalings
van die Wet op Misstowwe, Veevoere, Landboumiddels en Veemiddels (Wet 36 van 1947). Dié
wet het baie duidelike voorskrifte
waarvolgens die produkgehalte en werking van chemiese middels op
grond van navorsings- en ontwikkelingsproewe geevalueer word. Die
stelsel maak dit onwaarskynlik dat
enige produkte van swak gehalte of
wat onvoorspelbare gevare vir die
mens inhou op ons winkelrakke sal
beland.
Dit is belangrik om slegs geregistreerde middels te koop of te ge-
bruik. Kyk uit vir die L-nommer
(hoofletter L gevolg deur vier syfers,
byvoorbeeld L 1234) op die etikette
van chemiese beheermiddels. Dit
dui aan dat ’n landbouhulpmiddel
behoorlik geregistreer is. Volgens
Wet moet die L-nommer prominent
op etikette van alle geregistreerde
produkte aangedui word.
Vir die beste werking van die produk wat jy gekoop het en omdat
die veiligheid van jou, jou gesin en
omgewing afhang van die korrekte
gebruik van enige chemiese middel,
moet gebruikers die etiket mooi
lees en die aanwysings noukeurig
navolg. Wat glifosaat betref is dit
belangrik om te weet dat alle
gebruike wat op die etiket aangedui
word veilig is vir mens en dier.
In Januarie 2015 het die Duitse
Regering ‘n baie streng en intensiewe evaluasie oor die gebruik van
glifosaat wat oor 4 jaar gestrek het,
voltooi en bevind dat dit onwaarskynlik is dat glifosaat gevare vir die
mens inhou – mits dit volgens die
aanwysings gebruik word.
Roundup is die handelsnaam van
Monsanto se glifosaat en verbruikers kan gerus wees dat al die
maatskappy se produkte eers
deeglik in laboratoriums en in
ekstensiewe veldproewe getoets
word voordat aansoek gedoen
word vir registrasie. Geen produk
word kommersieel vrygestel in
enige land voordat dit die goedkeuring van die betrokke
regeringsinstansie gekry het nie.
Lees hier meer oor Monsanto:
www.MonsantoBlog.com
Twitter @ www.twitter.com/
MonsantoCo
Facebook @ www.facebook.com/
MonsantoCo
www.monsanto.com
www.improveagriculture.com
www.seminis.com
www.roundup.com
Gaan lees meer oor glifosaat by die
onderstaande skakels:
GMO Answers, Does glyphosate
cause cancer?
Glyphosate.eu , Does glyphosate
pose risks to human health?
Monsanto.com, Backgrounder
Glyphosate: No evidence of
carcinogenicity
Monsanto.com, Key Publications on
Glyphosate and Non-carcinogenicity