Agri Kultuur September / September 2015 | Page 52

Artikel deur Monsanto Biotegnologie en GMO’s is begrippe wat van tyd tot tyd baie aandag kry in die media. Kom ons kyk wat dit beteken. B iotegnologie is enige tegnologiese toepassing wat biologiese sisteme of lewendige organismes aanwend om hul produkte of prosesse vir ‘n spesifieke gebruik deur die samelewing aan te pas. Biotegnologie het wye toepassing in die mediese, farmaseutiese, veeartsenykunde, mynbou, landbou en omgewingsbewaringsomgewings. Plantbiotegnologie behels die toevoeging van selektiewe eienskappe by plante om nuwe plantvariëteite te ontwikkel. Anders as tradisionele plantteling, wat die kruising van honderde gene behels, word daar in plantbiotegnologie slegs op enkele wenslike gene gefokus. Hierdie meer noukeurige wetenskap stel planttelers in staat om gewasse te ontwikkel met spesifieke, voordelige eienskappe of sonder ongewenste eienskappe. Biotegnologiese gewasse en die voedsel- en veselprodukte wat daaruit ontwikkel word, is van die gewasse wat die meeste op grootskaal getoets, getipeer en beheer word. Die GMO-bedryf word dus streng deur wetgewing, regulasies, proewe en toetsing beheer. Alle biotegnologiese gewasse wat tans wêreldwyd vir kommersialisering goedgekeur is, is deeglik ingevolge internasionale riglyne en beginsels deur wetenskaplike en beheerliggame vir voedsel-, voedingen omgewingsveiligheid, beoordeel. In Suid-Afrika het die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, tesame met ander regeringsdepartemente gemoeid met die regulering van VMM’s in SuidAfrika, het ʼn beheerstelsel geïmplementeer wat die potensiële uitwerking van GM-tegnologie beoordeel en monitor. Alle aansoeke word geëvalueer ingevolge die Wet op GMO, Wet no. 15 van 1997, waarvolgens alle geneties-gemodifiseerde (GM-) gewasplante wat as voedsel of as voedselprodukte gebruik gaan word, deur die SuidAfrikaanse GMO-wetgewing verplig word om ʼn deeglike en streng voedsel- en voedingveiligheidsbeoordeling te ondergaan, alvorens dit vir kommersiële vrystelling goedgekeur kan word. Daar is talryke bewyse wat die produkveiligheid staaf en ook die voordele vir die omgewing uitwys. In Desember 2010, het die Europese Kommissie ʼn samevatting gepubliseer van die resultate van 50 navorsingsprojekte wat die veiligheid van GMO's op die omgewing en vir die gesondheid van mens en dier, bespreek. (Lees meer by: http://ec.europa.eu/research/ biosociety/pdf/a_decade_of_eufunded_gmo_research.pdf. http://www.sho.int/foodsafety/ publications/biotech/20questions/ en/ Volgens Brookes & Barfoot, 2013, speel biotegnologiese gewasse ‘n groot rol in voedselsekerheid, volhoubare produksie en om ‘n beter omgewing daar te stel omdat dit die gebruik van insek- en onkruiddoders met 473 miljoen kg aktiewe bestanddeel verminder het. Onlangs was daar ook baie spekulasie oor die veiligheid van glifosaat. Glifosaat is een van die gewildste onkruiddoders in tuine, parke, die landbou en bosbou en is effektief in die beheer van grasse en kruidagtige onkruide. Dit werk so goed omdat glifosaat deur die plant se blare en sagte stamme opgeneem word en regdeur die die plant vervoer word tot in die wortels en ondergrondse stoororgane soos knolle en bolle. Glifosaat se unieke werking behels die inhibering van een enkele ensiem wat net in plante