Agri Kultuur September / September 2015 | Page 45

gesig wat later nie volhoubare diereproduksie kan ver-seker nie. Teoreties is die grootte van ‘n veeplaas met veld in swak toestand dus baie kleiner as wat dit in werklikheid is. Hierdie verkleining van die oppervlakte sluit volgens wortelstudies ook die gronddiepte in, soos met ‘n vorige aflewering duidelik uitgewys is. Met weiveld in goeie toestand word die volle spektrum van die grondprofiel as natuurlike hulpbron dus benut. Hoe strawwer die plant ontblaar word, hoe groter is die afname in wortelmassa (foto 1). Kort ontblaarde plante is dus langer aangewese op die onttrekking van groei­reserwes vir hergroei. Dieselfde geld vir gereelde ontblaring waar die wortelmassa ook afneem en die fabriek (blare) van die plant nie die nodige rus kry om optimaal te kan herstel nie. Daar word dus soms ver-keerdelik geredeneer dat weiplante van tyd tot tyd wel straf ontblaar moet word ten einde toe te laat vir voldoende wortel-afsterwing om sodoende die organiese materiaal (humus) in die grond weer aan te vul. Wortel-afsterwing vir humus aanvulling in die grond is ‘n natuurlike proses wat seisoenaal gekoppel is en word ook deur die klimaat beïnvloed. Met droogte tye is wortel-afsterwing groter as wanneer optimale groei toestande voorkom. Die blote afname in wortelmassa weens intensiteit en frekwensie van ontblaring is van minder belang as die feit dat wortelgroei deur ontblaring vertraag word. In-dien 80 tot 90% van byvoorbeeld ‘n klimaksplant in die droër dele se blaaroppervlakte verwyder word, kan dit Foto 21 Ekologie van wortelgroei by weiplante (Invloed van verskillende bestuurspraktyke op wortel ontwikkeling) ‘n totale staking in wortelgroei van so lank as 12 tot 17 dae meebring. Ontblaring van 60 tot 70% laat wortelgroei vir ‘n paar dae gedeeltelik staak, terwyl 40 tot 50% se ont­blaring wortelgroei net vertraag, maar nie heeltemal laat ophou nie. Die graad van benutting van ‘n weiplant het dus ‘n direkte invloed op wortelontwikke­ling, en gevolglik op die hergroei van die bogrondse komponent. Indien die plant baie straf ontblaar word is dit lank aangewese op die onttrekking van groeireserwes wat in die stoppels en wortelbasisse gestoor word vir gebruik in hergroei. Die weerstand van so 'n plant om droogtetoestande en herhaalde ontblarings te oorleef is dus baie laag. So ‘n plant sal ook moeilik vir water en plant-voedingstowwe vanuit die grond kan kompeteer met nie ontblaarde plante. Gids tot volhoubare produksie van weiding Die gewilde weidingboek saamgestel deur professor Hennie Snyman (Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde, Universiteit van die Vrystaat) is pas herdruk. Beskikbaar by: [email protected] Tel 021 4064962 R400 plus posgeld Kan ook direk elektronies bestel word deur te gaan na: www.landbou.com Gaan heel na “winkel”, en kies dan “weidingboek.” Die boek kan dan met ‘n Kredietkaart bestel word. ‘n Moet vir elke vee- en wildboer!