Agri Kultuur September / September 2015 | Page 44

Prof Hennie Snyman Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT Veeboer, hou altyd in gedagte dat ‘n plant wat bewei word ‘n tweeledige funksie moet vervul: Die plant moet in sy eie behoeftes, en boonop nog in die behoeftes van die weidende dier voorsien. Eersgenoemde funksie word baie keer deur boere misgekyk en daar word net op die dier gekonsentreer. Dit is ‘n feit soos ‘n koei, dat indien vee wei, dit ‘n nadelige uitwerking het op grassoorte. Veld moet rus om te herstel. D ie weiplant moet as 'n gebalanseerde eenheid beskou word. Net soos die wortels afhanklik is van die blaaroppervlakte vir foto­sintese, is die bogrondse dele ook afhanklik van die ondergrondse dele vir water- en mineraaltoevoer. Die menslike wesens is geneig om te fokus op die sigbare, en dit verklaar waarom veeboere oor die algemeen geneig is om slegs kennis te neem van wat bo die grond met die weiveld gebeur en dit dan as maatstaf te gebruik vir weiveldbeplanning. ‘n Swak ontwikkelde en vlak verspreide wortelstelsel vorm die kern vir droogte-sensitiewe weiplante wat gevolglik ook lae plant- en diereproduksie aan die hand werk. By wyse van spreuke kan met reg gesê word dat intensiewe wortelstudies by weiplante is waar Daantjie die wortels vir volhoubare weiding-ekosisteem funksionering gegrawe het. Wortelgroei is negatief met bogrondse groei gekorreleer, met ander woorde, wanneer die bogrondse gedeelte van die weiplant nie groei nie, is die groei van die wortels die aktiefste. Wortels staan gevolglik twee- de in die ry naas die bogrond as dit by die plant se voorsiening van groeireserwes vir groei en ontwikkeling kom. Die wortelgroei sal dus hoofsaaklik plaasvind indien voldoende of ‘n oormaat groeireserwes vir die plant beskikbaar is. Indien die plant herhaaldelik straf ontblaar word, toon wortels ‘n duidelike afsterwing. Aangesien die ondergrondse ontwikkeling tweede in die ry staan vir beskikbare groeireserwes, word die geweldige impak van herhaaldelike oorbenutting van die bogrondse groei op die funksionering van die weiding-ekosisteem, nie altyd ten volle deur die veeboer besef nie. Met die wisselvallige klimaatstoestande wat byvoorbeeld droër gebiede kenmerk, hou dit vir weiplante ‘n groot risiko in om te oorleef en optimaal te produseer met ‘n swak ontwikkelde wortelstelsel. In ‘n veldbenuttingstelsel moet voldoende rus ingebou word vir die smaakliker weiplante wat die strafste ontblaar word, sodat hulle hul kompetisievermoë vir water en plant-voedingstowwe teenoor die onsmaaklike plante, kan behou. Sou dit nie die geval wees nie, staar so ‘n stelsel ‘n spesieverandering in die