Photot: https://pubs.ext.vt.edu/3104/3104-1550/L_IMG_grasshoppers.jpg
Artikel deur Dr Gerhard H Verdoorn,
Griffon Gifinligtingsentrum
S
edert die vroegste tye in die
ontstaan van landbou, het
diegene wat gewasse
gekweek het die aanslae van
die natuur se eie duiweltjies moes
weerstaan. Dink maar aan die
Bybelse plae waar die sprinkane
Egipte lamgelê het en alles voor
hulle verorber het. Mense is nog
altyd aan die kortste en sal seker
altyd in daardie ongunstige posisie
verkeer omdat die natuur net te
omvangryk in diversiteit is.
Vroeë tye in Egipte het mense
alreeds van swawel gebruik gemaak
om peste en plantsiektes hok te
slaan en teen die begin van die 20e
eeu is lelike goed soos arseen op
groot skaal as plaagdoders
aangewend. Die industriële
rewolusie het moderne plaagdoders
na vore gebring en dit het
landbouproduksie eksponensieel
laat toeneem, min wetende dat die
plae en siektes meganismes
ingebou gehad het om weerstand
teen alle plaagdoders te ontwikkel.
Daar was sowat twintig jaar gelede
ander denke aan die ontwikkel om
peste en plae te bekamp deur die
natuur self in te span.
Roofinsekte soos wespe is al vir baie
lank in gebruik om plae te bekamp.
Dit verg egter ‘n
paradigmaverskuiwing om die
insekte in te span vir plaagbeheer
want selfs al is hulle effektief is die
effek van roofinsekte nie vinnig nie.
Wat verder ontwikkel het was die
gebruik van gunstige swamme,
virusse en bakterieë om plae mee
aan te durf.
Een van die dinge wat min SuidAfrikaners besef is dat die gesogte
Nasionale Krugerwildtuin wat in die
sestigerjare ‘n malarianagmerrie
was deesdae ‘n baie gesonde
omgewing is en beslis nie as gevolg
van tonne DDT wat daar gespuit
word nie. ‘n Bakterie by name
Bacillus thuringiensis is ontwikkel as
larfdoder vir die ongewenste
insekte soos muskiete en muggies.
Daar is verskillende subspesies van
die natuurlike insekdoder
beskikbaar wat op verskillende
skadelike insekspesies teer. Deur
van B.t. subspesie israeliensis
gebruik te maak word die wildtuin
se malariamuskiete elke jaar ‘n
nekslag toegedien. Die staande
poele waar die muskiete broei word
met die middel behandel en die
bakterie verteer die larwes. In die
Oranjerivier waar die riviermuggie
‘n ernstige nagmerrie vir mense en
plaasdiere is, word die muggies ook
suksesvol met die bakterie beheer.
Die vraag is of die bakterie dan nie
skade gaan aanrig soos gewone
chemiese plaagdoders nie. Kortweg
is die antwoord nee, maar mens
moet dit kwalifiseer: geen
plaagdoder is skadeloos nie maar as
mens op soek is na ‘n effektiewe
middel waarvan die skade feitlik nul
is, is die Bacillus seker een van die
voorlopers. Dit word selfs gebruik
om die groot pou-oogmotte se
larwes in bosbou te beheer sonder