Agri Kultuur September / September 2015 | Page 27

Verhoogde koolstofdioksiedassimilasie (CO2) Koolstofdioksiedassimilasie is die fotosintetiese proses waar koolstof in koolhidrate omgeskakel word. Deur hierdie proses te verbeter, stel dit die plant in staat om beter te fotosinteer en dus meer energie vry te stel. Dus bied dit verbeterde omskakeling van sonligenergie, wat ʼn gesonder plant en hoër opbrengs tot gevolg het. Die X-faktor Wat maak AMISTAR TOP® anders as ander swamdoders? Die beweeglikheid van die aktiewe bestanddeel in AMISTAR TOP® is kern belangrik vanweë sy vermoë om nuwe groei in die ontwikkelende gewas te beskerm. Dit is waar die fundamentele verskille in die strobilurien groep na vore kom. Om die ontwikkelende plant teen infeksie te beskerm, moet die swamdoder in die plant beweeg vanaf die punt van toediening tot by die nuwe groei – dit is die konsep van sistemiese beweeglikheid, of xileem-mobiliteit. Syngenta noem dit die X-faktor. Meeste strobiluriene het translaminêre beweeglikheid en beweeg deur die blaar van die bokant tot die onderkant. Net een strobilurien het egter sistemiese beweeglikheid wat binne die plant beweeg en nuwe groei beskerm – AMISTAR®. Optimale siektebeheer Siektes kan betekenisvolle opbrengs- en kwaliteitsverlaging veroorsaak. Meeste patogene oorwinter op plantmateriaal van die vorige oes en produseer geweldig baie spore wat vinnig oor ʼn uitgebreide geografiese area kan versprei. Alle dele van ʼn mielieplant is vatbaar vir siektes – saad, wortels, blare, stam en koppe. Plante is elke seisoen onderworpe aan een of meer siektes, alhoewel dit nie altyd sigbaar is nie. Al is die siekte infestasie nie sigbaar nie, kan dit reeds soveel as 15% verlaging in opbrengs teweeg bring. AMISTAR TOP® se voorkomende aktiwiteit bied optimale siektebeheer!