Artikel verskaf deur Syngenta
Plant Prestasie optimaliseer die plant se groeipotensiaal. Dit bied dus nie net ʼn groener,
gesonder gewas nie, maar dit verhoog ook winsgewendheid deur verhoogde opbrengs
en verbeterde kwaliteit te verseker.
V
ir meer as ʼn dekade bestudeer Syngenta die
effek van AMISTAR® in verskeie gewasse.
Die doel hiervan is om innoverende oplossings
te vind om optimale opbrengspotensiaal van
die gewas te verseker. In-diepte navorsing het getoon
dat Syngenta produkte, soos AMISTAR TOP ®, breëspektrum siektebeheer bied wat terselfdertyd die plant
se fisiologiese eienskappe beïnvloed en sodoende
kwaliteit verbeter en opbrengs verhoog. Die kombinasie
hiervan bied produsente die voordeel wat Syngenta
Plant Prestasie noem.
Plant Prestasie beweeg verby die vertrekpunt van plant
gesondheid en bewys dat interne prosesse in die plant –
wat omskryf word as fisiologiese prosesse – verbeter
kan word om optimale opbrengs te verseker.
Breëspektrum, deurlopende siektebeheer
Voorkoming is altyd beter genesing! Siekte infestasie is
nie altyd aanvanklik visueel sigbaar nie, maar kan reeds
teen inisiële besmetting tot 15% oesverliese tot gevolg
hê – nog voordat die siekte met die oog sigbaar is.
Voorkomende beheer bied gesonder planter wat hoër
opbrengste lewer.
Behoud van groenblaar-area
Etileenproduksie is ʼn interne proses in die plant wat
veroudering veroorsaak. AMISTAR® inhibeer die
produksie van etileen wat dus veroudering teenwerk.
Indien ʼn plant in staat gestel word om sy lewensiklus te
voltooi sonder blootstelling aan vroeë veroudering, bv.
verdroging van blare, het dit die geleentheid om die son
se energie deur fotosintese vir langer periodes te benut.
Langer periodes van fotosintese stel die plant in staat
om gesonde, groen blare vir langer te behou, wat die
plant se kwaliteit verbeter en opbrengspotensiaal
verhoog.
Optimale waterretensie & -gebruik
Gedurende die dag verdamp vog van die onderskeie
plantdele – ʼn proses wat transpirasie genoem word. Die
tempo van transpirasie word bepaal deur faktore soos lig
intensiteit, temperatuur, humiditeit, windspoed en
grondwater beskikbaarheid. Tydens hoë temperature of
droogte toestande, verhoog transpirasie (net soos wat ʼn
mens sweet om af te koel). AMISTAR TOP® verhoog
die plant se vermoë om water optimaal en effektief te
verbruik deur die respirasietempo te verlaag tydens
waterstres toestande.