Agri Kultuur October / Oktober 2018 | Page 12

By Aneel Mohite, Rashtrasant Tukdoji Maharaj Nagpur University, India - Own work, CC BY-SA 3.0, https:// commons.wikimedia.org/w/index.php?curid=18285304 Een groot fout wat almal maak is om by een aktiewe bestanddeel vas te haak, waarskynlik omdat dit goed werk. Die probleem is egter dat die insekte weerstand teen so ‘n klas verbinding opbou. Die herfskommandowurm het alreeds vir ons die lesse van weerstand geleer deur piretroiede en selfs organofosfate af te lag. As ons die Afrika bolwurm gemaklik wil bestuur moet die verskillende groepe insekdoders afgewissel word. Gestel byvoorbeeld daar is twee bespuitings met piretroiede gedoen, dan is die sinvolle ding om byvoorbeeld oor te skakel na ‘n diamied soos chloorantraniliprool. Let egter op dat hierdie middel ‘n baie sagte, maar tog uiters effektiewe middel is wat tot weerstand ontwikkeling geneig is. Ten einde die middel se bruikbaarheid te verleng moet die etiket aanwysings streng nagekom word, veral in terme van maksimum aantal toedienings per seisoen van die spuit intervalle. Daar is ander middels ook waarmee afgewissel kan word soos indoksakarb en emamektien bensoaat. Kyk op die hoofpaneel van die produketikette en maak seker dieselfde weerstandsgroep word nie herhaaldelik toegedien nie. Alle piretroiede behoort aan Groep 3 met ander woorde dit is nie sinvol om twee piretroiede met mekaar af te wissel nie. Die organofosfate is Groep 1 en chloorantraniliprool is Groep 28. Praat met ‘n professionele oes adviseur oor ordentlike weerstand bestuur en werk dan ‘n beheerprogram uit waarin weerstandsgroepe afgewissel word en biologiese middels bygewerk word. ‘n Ander wenk is dat wanneer die ruspes al groot is, is dit amper gewaarborgde moeilikheid om hulle met piretroiede te takel; piretroiede werk uitstekend as die wurmpies nog suigelinge is maar die hardebaarde drink die goed! By Donald Hobern from Copenhagen, Denmark - Helicoverpa armigera, CC BY 2.0, https://commons.wikimedia.org/w/index. php?curid=33661420 ‘n Boer mag nooit gerus wees as rondte een teen die Afrika bolwurm gewen het nie. As iemand glo ons gaan enige plaagspesie op Moeder Aarde uitwis, dan moet hy weer dink. Die Afrika bolwurm is ‘n plaag wat as gevolg van die monokulture wat ons vir voedselproduksie kweek, ‘n baie lekker lewe eiy en daarom moet die produsent aanneem dat daar elke jaar ‘n infestasie gaan wees. Wees dus gereed met die moniterings gereedskap en as die tekens van ‘n inval begin verskyn, maak ‘n plan en klop die vyand in sy jeug stadium. Wees ook bedag op die klimaat en die kondisies wat gunstig is vir die uitbreek van bolwurm. Een van die beste toepassings op selfone vir weervoorspelling is die Windy App. As mens ten minste weet wat die weer maak, kan jy die vyand uitoorlê voor hy sy legioene ontplooi. Die slotsom is dat die Afrika bolwurm vir alle gewasboere insluitende kanola- en koringboere ‘n groot gevaar inhou. Gelukkig is daar goeie moniteringshulpmiddels en ‘n verskeidenheid natuurlike, biologiese en chemiese insekdoders wat die plaag met gemak kan beheer. CropLife SA stuur gereeld nuusflitse uit as plaaguitbrake dreig; ons het op die webtuiste ook ander inligting beskikbaar terwyl AgriIntel al die geregistreerde plaagdoders met hulle etikette en veiligheidsdata lys. Staan sterk! Dr Gerhard H Verdoorn, CropLife Suid-Afrika 082-446-8946 [email protected] Opvolg infestatsies AgriKultuur |AgriCulture 12