Agri Kultuur October / Oktober 2018 | Page 10

Afrika bolwurm is ‘n gevaarlike kalant Dr Gerhard H Verdoorn, CropLife Suid-Afrika D ie Lepidoptera orde in die wêreld van ongewerweldes is legio. Wonderlike vlinders en interessante motte is onder die gevleueldes wat onder ander ook met bestuiwing van baie blomplante te doene het. Daar is egter ‘n paar spesies onder die groot aantal van nagenoeg 180 000 soorte vlinders en motte wat die landbou se groot vyande is. Verlede jaar het die herfskommandowurm, oftewel Spodoptera frugiperda Suid-Afrika se gewasboere totaal onkant gevang en veral vir kleiner mielieboere geweldige skade veroorsaak. Boere is gewoond aan ‘n hele paar “wurms” wat gewasse takel maar toe die standaard plaagdoders teen die nuwe wurm faal, was dit duidelik dat ons met ‘n nuwe indringer te doene gehad het. Miskien het die landswye fokus op die herfskommandowurm die landbousektor se aandag van die bekende plae afgelei, want in die begin van die 2017 somer het koring- en kanolaboere in die Wes-Kaap een van die ergste uitbrake van die bekende Afrika bolwurm beleef. Dit was behoorlik chaos met ‘n vrees dat die uitbraak die hele kanola-oes sou kelder. ’n Gepaardgaande probleem was die tekort aan metomiel wat gebruik kon word om die wurm hok te slaan. Metomiel is uiters effektief en alhoewel hierdie karbamaat baie giftig is, breek dit baie vinnig af en skakel die By CSIRO, CC BY 3.0, https://commons.wikimedia.org/w/index.php?curid=35487269 AgriKultuur |AgriCulture 10