Agri Kultuur October / Oktober 2014 | Page 53

W ildebraam Bessie Landgoed is in die skilderagtige Hermitage Vallei, sowat 2km vanaf Swellendam, aan die voet van die majestieuse Langeberge geleë met die kronkelende Kliprivier wat ‘n onvergeetlike ervaring in die paradysagtige vallei sal verseker. Wildebraam Likeurs is in 1998 tot stand gebring - die verwesenliking van ‘n droom om ‘n familie-stokperdjie in ‘n kommersiële onderneming te omskep. Aanvanklike eksperimentering met bessiesap en witblits, het tot die ontstaan van ‘n likeurkelder gelei met ‘n produksiekapasiteit van 200 000 liter. Vandag, 15 jaar later, het Wildebraam tot ‘n suksesvolle nasionale onderneming ontwikkel met ‘n gevestigde distribusienetwerk in die kleinhandel van tot 55 verskillende produkte. Wildebraam is trots daarop dat alle produkte met passie en liefde op die plaas, volgens tradisionele metodes, handgemaak word. Om die natuurlike smaak en geur van elke produk te behou, word daar geen preserver-, geur- of kleurmiddels bygevoeg nie. Wildebraam se unieke Likeurs, Bessie- en Gourmet Konfyte, Gepekelde-, Chilli-, Chutney-, Atchar- en Groente produkte kan by Wildebraam kelder, met ‘n rustige en vriendelike atmosfeer, geproe en aangekoop word. Die proelokaal is deurlopend, vanaf Maandae tot Saterdae vir u gerief, oop. Die kelder in die pragtige landelike omgewing bied ook die geleentheid vir konserte, konferensies, funksies, troues en seminare. Skakel Wildebraam vir kwotasies. Bessieseisoen, vanaf middelNovember tot einde-Desember, is ‘n hoogtepunt. Dit gaan gepaard met bessiepluk en familie pieknieks. Vyf selfsorgeenhede bied aan u die geleentheid om in ‘n rustige plaasatmosfeer teen bekostigbare pryse by ons te kuier en te ontspan, veral naweke as gesin of familie. Wildebraam, aan die voet van die Langeberge, bied jou ook ‘n onvergeetlike uitsig, wandelpaaie vir die energiekes, perdry en bergfietsroetes. Sien jou binnekort by Wildebraam!!