baie van die graspolle gedeeltelik
weens die droogte afgesterf het.
Hierdie grootskaalse polafsterwings
gaan die komende somer en die
daaropvolgende seiesoen nadelige
gevolge hê wat weiveldproduksie –
en dus weidingkapasiteit van die
veld aanbetref.
aantal wortels in die proses dood.
Die droogterisiko van plante met ‘n
swak verspreide wortelstelsel is besonder hoog. Boere kan in hierdie
ekologies sensitiewe droër dele nie
bekostig dat ‘n plantgemeenskap
met ‘n swak wortelstelsel ontwikkel
nie.
Die veeboer moet met sy bestuursbeplanning in gedagte hou dat die
weidingkapasiteit van sy veld na die
droogte laer as die langtermynsyfer
gaan wees. Dit hou die nadeel in
dat hy gedurende die komende
groeiseisoen minder diere vir volhoubare produksie op sy plaas sal
kan aanhou. Sou hy dit verontagsaam, gaan hy oorbenutting van
die veld kry en dit gaan nog langer
neem om weer ‘n volhoubare
produksiestelsel op sy plaas te hê.
Dit blyk ook dat wortelselsels van
weiplante na ‘n droogteperiode nie
naastenby teen dieselfde tempo as
die bogrondse plantdele herstel nie.
Gevolglik moet ‘n langer rusperiode
vir wortelgroei in die bestuursbeplanning ingebou word ten einde
volhoubare produksie te verseker.
Indien dit nie toegelaat word nie,
sal veld met ‘n swak verspreide
wortelstelsel ‘n boer des te meer
aan mensgemaakte droogte uitlewer.
In die sentrale grasveldgebied is
byvoorbeeld bevind dat ‘n intense
droogte die graspolle met soveel as
gemiddeld 40% kan laat afsterf.
Saam met die bogrondse plantafsterwings gaan daar ook ‘n groot
Samevatting
Die wagwoord met brand en
droogte is geleë in vroegtydige vermindering van diere, waar tenminste die kernkudde behou word. Die
deurgaans toepassing van ‘n
konserwatiewe veebelading sal
hierdie proses van veevermindering
meer glad laat verloop. Onthou
altyd om die weidingkapasiteit
(produksie potensiaal van veld) en
veebelading (boer se skatting van
weiveld se potensiaal) met mekaar
te trou ten einde volhoubare benutting van die weidingekosisteem
te verseker. Lang rusperiodes is ‘n
tweede aspek wat na brand of
droogtes in die veldbestuursbenadering ingebou moet word vir
vinnige veldherstel. Sorg vir jou
weiplant en hy sal weer vir jou sorg.
By beide brand en droogte gaan dit
gepaard met wortelafsterwing.
Lang rusperiodes het optimale wortelgroei tot gevolg wat weer die
groeikragtigheid van die plant
beinvloed. Anders as met kontantgewasse waar ‘n verkeerde
besluit oor byvoorbeeld bemesting
binne ‘n jaar reggestel kan word,
kan die voor- of nadele van ‘n
bestuursbesluit oor weiveld eers na
‘n hele aantal jare sigbaar wees.
Gids tot volhoubare produksie van weiding
Tweede uitgawe nou beskikbaar
R400
plus
posgeld
Die gewilde weidingboek saamgestel deur professor
Hennie Snyman (Departement Vee-, Wild- en WeidingBeskikbaar by: [email protected]
Tel 021 4064962
Kan ook direk elektronies bestel word deur te
gaan na: www.landbou.com
Gaan heel na “winkel”, en kies dan
“weidingboek.”
‘n Moet vir elke vee- en wildboer!