Agri Kultuur October / Oktober 2014 | Page 39

    word, wat gewoonlik onprakties en nie so maklik bekombaar is nie, Die diere kan vir ‘n periode gevoer word wat natuurlik met hoë koste gepaard gaan, Om minder diere aan te hou is dikwels problematies omdat dit moeilik is om te besluit wat om te verkoop en wat om te behou in ‘n teelkudde. Dit mag wel ‘n geleentheid wees vir produktiewe seleksie waar slegs die beste diere behou word en die swak produseerders verkoop word. Hiervoor is ‘n volledige kudde rekordstelsel nodig. Behalwe vir vervangingsdiere moet geen diere behou word wat nie ‘n inkomste gaan genereer die komende seisoen nie. Meerjarige aangeplante weidings en voersorghums, wat wel duur is om te verbou, kan ‘n groot rol speel om veldherstel aan te help. Vestig ‘n voersorghum-weikultivar en konsentreer die kudde daarop. Die gebrande weiveld kan van diere onttrek word en weer bewei word indien voldoende hergroei beskikbaar is. Laasgenoemde maatreël is die een wat die veeboer gewoonlik in die agterkop het, maar die nadeligste vir die weiplant is, veral in die droër weivelddele. Vanuit ‘n weidingkun- dige oogpunt moet nie net die kudde-instandhouding die meeste aandag geniet nie, maar die hulpbronbewaring en –instandhouding daarvan moet ‘n integrale deel van die volhoubare benutting van die weidingekosisteem uitmaak. Hiermee word bedoel dat indien die weiveld in veral die droër soetgrasveldgebiede te gou na ‘n brand bewei sou word, dit ‘n massiewe impak op die produktiwiteit van die veld mag veroorsaak. Dit kan selfs ook aanleiding gee tot ‘n geweldig nadelige oordrageffek in terme van verlaagde produksie tot ‘n volgende seisoen. Navorsing het bewys dat indien gebrande veld reeds in die voorjaar bewei sou word, die produksie daarvan die daaropvolgende groeiseisoen se Oktober tot April met soveel as gemiddeld 48% verlaag kan word. ‘n Volle groeiseisoensrus na die brand, opgevolg deur ‘n Oktober beweiding het steeds ‘n produksieverlies van 23% getoon. Hoe vroeër na die brand die veld weer bewei sou word, hoe groter die nadelige oordrageffek in terme van verlaagde voerpro­ duksie. Na ‘n brand in die hoër reënvaldele kan die suurveld wel gouer weer bewei word sonder dramatiese of noemenswaardige produksieverliese wat mag voorkom. In hierdie suurvelddele is kwaliteit van die veld gewoonlik die beperkende produksiefaktor en nie kwantiteit nie. Hierteenoor ondervind die droër soetvelddele weer ‘n kwantiteits­probleem eerder as 'n kwaliteitsbeperking. Indien slegs ‘n gedeelte van ‘n kamp afgebrand het, is dit belangrik dat die volle kamp van beweiding onttrek sal word. Hierdeur sal oorbenutting van die gebrande gedeeltes, wat meer smaaklik is en ‘n hoër voedingswaarde het, uitgeskakel word. Daar word deeglik besef dat dit maklik vir ‘n buitestaander is om aan te beveel dat diere na ‘n brand vanaf die veld in die droër grasvelddele onttrek moet word. Die kort en lank van die verhaal is dat die rus van veld na ‘n brand definitief die groeikragtigheid van die weiplante sal bevoordeel en die veeboer sal beslis later die vrugte daarvan pluk deur ‘n meer stabiele weidingekosisteem te help verseker. Na ‘n droogte Groot dele van ons land se weiveldgebiede het die afgelope twee jaar rampdroogte toestande ondervind met voerskaarste aan die orde van die dag. Die afgelope nasomerperiode se reënval laat miskien die verkeerde indruk dat die weiveldprobleme ten volle opgelos is. Die teendeel is egter waar in veral die droër soetvelddele, waar besonder Waak dat veld nie so lyk na intense droogte.