Agri Kultuur November / November 2014 | Page 24

mielies V ir maksimale mielie opbrengs moet mielies vinnig en gelyktydig ontkiem. Sukses in mielieverbouing word reeds vroeg vasgelê. Sonder ʼn suksesvolle begin is die mielie oes alreeds geknou en kan die maksimum opbrengs nie behaal word nie. Die goeie nuus is dat daar net vier belangrike vereistes is waaraan daar voldoen moet word vir vinnige en gelyktydige ontkieming. Die slegte nuus is dat daar gewoonlik een of meer van die vereistes afwesig is veral as daar gedurende die plantseisoen te haastig geraak word. Genoeg en goed verspreide vog rondom die saad. Voldoende grondvog is eenvoudige gedefinieerd as nie te nat of te droog nie. Meeste boere weet hoe lyk en voel voldoende grondvog. Swak verspreide grondvog rondom die saad kan veroorsaak word deur verskillende grondtipes, bewerkingspraktyke, ongewone weerpatrone asook onegalige- en wisselende plantdieptes. Oneweredige verspreiding van grondvog rondom die saad is die grootste oorsaak van onegalige opkoms. Opbrengsverliese van so groot as 10% kan hierdeur gelei word. Nuttige wenk: Tydens droë planttoestande moet daar seker gemaak word dat plantdiepte so gestel word dat saad in eenvormige en voldoende nat grond geplant word. Al is die ideale plantdiepte tussen 50 en 60 mm moet daar nie geskroom word om tot so diep as 80 mm diep te plant nie, indien dit die diepte is waar voldoende vog teenwoordig is. Waar “furrow” oopmakers dieper gestel word moet daar gekyk word na hoe diep kunsmis geplaas gaan word. Wees versigtig om nie te diep te plant veral as van kleiner pitgroottes gebruik word nie. Om vlakker as 40 mm te plant verhoog die kans vir uitdroging van die grond om die pit wat tot ʼn swak plantestand kan lei. Nico Barnard PANNAR SAAD Voldoende en eenvormige grond temperatuur rondom die saad. Mielies sal stadiger en ongelyk ontkiem as die grond temperatuur minder as 10˚C is. As die grondtemperatuur 13˚C en meer is behoort mielies binne sewe dae op te kom. Daar moet hiervoor deurgaans voldoende grondvog beskikbaar wees. Wisselende grondtemperatuur word veroorsaak deur veranderinge in grondtekstuur, grondkleur, dreinering, grondbedekking deur oesreste en swak planter dieptebeheer. Temperatuur skommelings is krities gevaarlik indien die gemiddelde grondtemperature onder 13˚C daal. Haelstorms net na plant kan die grond vinnig laat afkoel en dit kan veral in nat kolle ontkieming baie vertraag. Voorbeeld van die effek van grondtemperatuur op die tydsduur tot opkoms by mielies.