Inligting en kommunikasie
die sleutels tot goeie finansiële bestuur
Arnand Stofberg
BVSA
D
oeltreffende finansiële bestuur is
deesdae ononderhandelbaar wanneer
’n landbouprodusent verwag om op
die lang termyn volhoubare groei teen
die gewenste winsgewendheid te handhaaf.
Twee uiters belangrike komponente van
enige suksesvolle finansiële bestuursproses
is a) korrekte, relevante, en tydige inligting,
en b) deurlopende kommunikasie van die
inligting tussen alle relevante partye. Die
belangrikste partye betrokke by die proses is
die produsent, sy rekenmeester, sy bankier, sy
makelaar, en sy verskaffers.
Dit is noodsaaklik dat die produsent
aan die begin van sy finansiële boekjaar
met sy rekenmeester vergader om ’n
kontantvloeibegroting vir die boekjaar op te
stel. Op hierdie stadium is relevante inligting
en goeie kommunikasie noodsaaklik, waar
die produsent so akkuraat as moontlik sy
geskatte inkomste vir die jaar sowel as sy
geskatte uitgawes en verbeteringe, aan die
rekenmeester moet verskaf. Dit help baie
indien die produsent vooraf kwotasies by
sy verskaffers kan aanvra om sodoende so
akkuraat as moontlik te kan begroot. Dit is ook
goed om op hierdie stadium alle paaiemente
van huurkope en termynlenings, asook limiete
van oortrokke fasiliteite, by die bankier te
bevestig en om die versekeringspremies by
die makelaar te bevestig.
AgriKultuur |AgriCulture
Nadat die kontantvloeibegroting gedoen
is, sal die rekenmeester en produsent
kan sien of daar enige kontant tekorte sal
ontstaan waarvoor daar finansiering bekom
moet word, wat dan betyds aan die bankier
kommunikeer kan word, en of daar dalk groot
belastingaanspreeklikheid sal wees, waar
die produsent dan kan besluit om dalk meer
uitbreidings te doen wat aan die verskaffers
kommunikeer kan word deur betyds
kwotasies aan te vra en bestellings te plaas vir
die addisionele uitbreidings.
Gedurende die jaar moet die rekenmeester
dan gereeld die kontantvloeibegroting
met die opgedateerde werklike syfers aan
die produsent stuur sodat hy op hoogte
kan bly van enige afwykings, en moet die
produsent dit op sy beurt betyds aan die
rekenmeester kommunikeer indien daar enige
wesenlike gebeurtenisse plaasvind wat op
die begroting aangebring moet word, soos
byvoorbeeld skade aan die oes, of ekstra
uitgawes waarvoor daar nie begroot is nie.
Die rekenmeester moet ook die produsent op
hoogte hou van enige belastingwetgewing wat
verander wat moontlik ’n wesenlike impak op
die produsent kan hê.
Ongeveer twee maande voor die produsent
se finansiële jaareinde moet die rekenmeester
en produsent weer vergader om ’n voorlopige
belastingberekening te doen. Tien maande
se werklike syfers sal dan beskikbaar wees
58