Agri Kultuur June / Junie 2016 | Page 6

Saamgestel deur John Goosen Foto’s verskaf T ydens ‘n gala-geleentheid, Woensdagaand, 25 Mei 2016 is Jacques Beukes (35), ‘n tafeldruiweprodusent van De Doorns in die Hexriviervallei, aangewys as Agri Wes-Kaap en Santam Landbou se Jongboer vir 2016!! Jacques dring nou deur na die Nasionale Jongboer van die Jaar kompetisie wat in Oktober deur Agri SA en Toyota SA aangebied word. Om met Jacques kennis te maak en sy entoesiasme te beleef is voorwaar ‘n heerlike ervaring. Op ‘n vraag oor homself, was sy reaksie “ Ek is hardwerkend, lewenslustig en hou van die buitelewe. My stokperdjies sluit in bergfietsry, gholf en boogjag.” Jacques is in 2010 getroud met ‘n Vrystaatse nooi, Heleen Claassen en het vandag twee pragtige dogtertjies, Lila en Charlè. “Dalk sal daar later nog ‘n boetie bykom,” hoop hy.