Prof Hennie Snyman
Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde
UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT
A
lhoewel ontblaring van weiplante as normale verskynsel binne die funksionering van
die weidingekosisteem beskou kan word,
moet dit tog met omsigtigheid hanteer
word, aangesien dit die produktiwiteit van die weidingekosisteem aansienlik kan beïnvloed. Hier word veral
die intensiteit (hoe straf) en frekwensie (hoe gereeld)
van ontblaring bedoel. Wortelstelsels by weiplante
herstel nie naastenby teen dieselfde tempo as die bogrondse plantdele na ‘n brand of beweiding nie. ‘n
Veel langer rustyd as wat op die oog af nodig lyk, kan
dus vereis word. Sou dit nie toegelaat word nie, sal
veld met swak verspreide wortelstelsels ‘n boer des te
meer aan droogte uitlewer.
Hoe strawwer en meer gereeld die weiplant ontblaar
word, hoe groter is die afname in wortelmassa (Foto 1).
Kort ontblaarde plante is dus langer aangewese op die
onttrekking van groeireserwes vir hergroei. Dieselfde
geld vir gereelde ontblarings waar die wortelmassa ook
afneem en die fabriek (blare) van die plant nie die
nodige rus kry om optimaal te kan herstel nie. Daar
word dus soms verkeerdelik geredeneer dat weiplante
van tyd tot tyd wel straf ontblaar moet word ten einde
toe te laat vir voldoende wortelafsterwing om sodoende die organiese materiaal (humus) in die grond
weer aan te vul. Wortelafsterwing vir humusaanvulling
in die grond is ‘n natuurlike proses wat seisoenaal
gekoppel is en word ook deur die klimaat beïnvloed.
Met droogte tye is wortelafsterwing groter as wanneer
optimale groei toestande voorkom.
Die blote afname in wortelmassa weens intensiteit en
frekwensie van ontblaring is van minder belang as die
feit dat wortelgroei deur ontblaring vertraag word.
Indien 80 tot 90% van byvoorbeeld ‘n klimaksplant in
die droër dele se blaaroppervlakte verwyder word, kan
dit ‘n totale staking in wortelgroei van so lank as 12 tot
17 dae meebring. Ontblaring van 60 tot 70% laat
wortel-groei vir ‘n paar dae gedeeltelik staak, terwyl 40
tot 50% se ontblaring wortelgroei net vertraag, maar
nie heeltemal laat ophou nie.
Die graad van benutting van ‘n weiplant het dus ‘n
direkte invloed op wortelontwikkeling, en gevolglik op
die hergroei van die bogrondse komponent. Indien die
plant baie straf ontblaar word is dit lank aangewese op
die onttrekking van groeireserwes wat in die stoppels
en wortelbasisse gestoor word vir gebruik in hergroei.
Die weerstand van so 'n plant om droogtetoestande en
herhaalde ontblarings te oorleef is dus baie laag. So ‘n
plant sal ook moeilik vir water en plantvoedingstowwe
vanuit die grond kan kompeteer met nie-ontblaarde
plante.
Die verhouding tussen die graad van benutting tussen
plante word deur die dier se voorkeure bepaal. Nadat
‘n kamp, met ‘n laer drukbeweidingsbenadering benut
is, sal smaakliker plante maksimaal ontblaar wees,
terwyl die persentasie ontblaring van onsmaaklike
plante laer sal wees. Minder ontblaarde plante se
kompeteervermoë sal dus sterker wees vir voedingstowwe en water as die straf ontblaardes. Die lengte
van die rusperiode moet dus lank genoeg wees sodat
die groeireserwes van smaaklike plante weer aangevul
kan word voor die daaropvolgende ontblaring.
‘n Ander beginsel is om die smaaklike plante net tot so
‘n mate te ontblaar dat dit so gou moontlik weer
normaal kan fotosinteer en so kort moontlik aangewese is op die onttrekking van groeireserwes vanuit
die wortels vir hergroei. Gedurende die lentemaande,
wanneer die fabriek (blaaroppervlakte) van die plant
nog nie optimaal funksioneer nie, is die plant aangewese op groeireserwes vir bot en hergroei. Tydens
hierdie periode is die plant vatbaar vir oorbeweiding
(indien te lank in kamp gebly word) en moet sorg