gedra word dat die fabriek eers optimaal funksioneer
voordat beweiding weer plaasvind.
Meer navorsers moet spreekwoordelik in die toekoms
ondergronds beweeg ten einde die volle bydrae van
die plant se wortelstelsel tot volhoubare diereproduksie te ontrafel. Hierdeur sal die volle prentjie
van die verskillende weiveldbestuursbenaderings (lae
benuttingsbenadering en hoë benuttingsbenadering)
se voor en nadele duideliker uitgewys kan word. Daar
moet dus nie net na die bogrondse produksiepotensiaal gekyk word in besluitnemings nie, maar
deegliker besef word dat die bo- en ondergrond
afhanklik is van mekaar.
Foto 1. Graswortels uitgewas
Kennis oor plantegroei en die benutting daarvan is
veranderlike hulpbronne waaroor die boer wel beheer
het. Verder moet die veeboer nie alleen waarneem
wat gebeur met die omgewing, klimaat, voeding,
tegnologie, diere en hul produksie nie, maar hy moet
die waarnemings behoorlik monitor. Om te monitor
beteken om vrae soos wanneer, wat, waarom, hoe,
hoeveel, en wie te beantwoord en hierdie antwoorde
op rekord te plaas om as verwysingsbron te dien in
toekomstige besluitnemingsprosesse. Hoe fyner die
waarnemings gemaak word en hoe deegliker die
monitering geskied, hoe groter die vooruitsigte vir
sukses.
Gids tot volhoubare produksie van weiding
Tweede uitgawe nou beskikbaar
R400
plus
Die gewilde weidingboek saamgestel deur professor
Hennie Snyman (Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde, Universiteit van die Vrystaat) is pas herdruk.
Beskikbaar by: [email protected]
Tel 021 4064962
Kan ook direk elektronies bestel word deur te
gaan na: www.landbou.com
Gaan heel na “winkel”, en kies dan
weidingboek.”
‘n Moet vir elke vee- en wildboer!