Foto 1 Invloed van gereelde en strawwe ontblaring op wortelgroei
gee dit ook aanleiding tot ‘n baie korter groeiseisoen
en gevolglik ‘n laer produksie. Normale of bo-normale
reënvalperiodes se waarde vir optimale wortelontwikkeling moet dus nie onderskat word nie. Die
teendeel is ook waar deurdat die boer kennis moet
neem van swak wortelproduksie gedurende droë
periodes. Hiervoor moet in die bestuursbeplanning
voorsiening gemaak word en wel in die vorm van die
inbou van voldoende rusperiodes.
Die weiplant se wortelstelsel is oor die algemeen besonder goed aangepas om droogtetoestande die hoof
te bied. Die wortelverspreiding van veld in goeie toestand neem geleidelik met diepte toe soos wat die
grond droër word. Dit bemagtig die plant om die
beperkte plantbeskikbare grondwater meer effektief te
benut en gevolglik droogteperiodes suksesvol te oorleef. In teenstelling hiermee bly die graswortels redelik
oppervlakkig indien die grondwaterinhoud in die
grondprofiel oor ‘n lang periode hoog is. Met veld
agteruitgang bly die wortels ook redelik oppervlakkig
ongeag die hoeveelheid grondwater wat mag voorkom
of beskikbaar is. In hierdie geval word slegs ligte reënbuie effektief benut en gevolglik word die res van die
grondprofiel se water onbenut gelaat. Veld in ‘n swak
toestand gee dus aanleiding tot sogenaamde mensgemaakte droogtes. ‘n Wortel is net ‘n wortel as dit nie
net die plant regop hou nie, maar effektief water en
plantvoedingstowwe vanuit die grond kan onttrek.
Hiervoor is dit essensieel dat die weiplant reg bestuur
sal word vir optimale funksionering.
‘n Deeglike kennis van al die faktore wat ‘n bydrae
lewer tot goeie veldproduksie is noodsaaklik vir sukses,
maar die groot verskille wat bestaan van plaas tot
plaas, beklemtoon net hoe moeilik ‘n studie van
weiveld werklik is. Anders as met akkerbou waar
resultate relatief vinnig waargeneem word, kan ‘n
verkeerde besluit met betrekking tot weiveld baie jare
neem om reg te stel. ‘n Deeglike kennis van die veld,
die veranderli kheid daarvan, impak van droogtes
daarop, weidingkapasiteit, reaksie op beweiding,