Prof Hennie Snyman
Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde
UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT
D
ie makroklimaat (reënval, sonlig, temperatuur, wind en ryp) wat ‘n gebied kenmerk is
‘n hulpbron waaraan daar op die kort
termyn nie veel gedoen kan word nie, maar
kennis oor hierdie hulpbron is vir die boer noodsaaklik
om die potensiaal en beperkings van die weiveld te kan
bepaal. Hierteenoor kan die mikroklimaat (effektiwiteit
van die reënval) tot ‘n groot mate deur die boer verander of beïnvloed word. Die mikroklimaat is baie nou
gekoppel aan die veldtoestand. Die veeboer kan dus
direk verantwoordelik gehou word vir mensgemaakte
droogtes indien hy sy weiveld verkeerdelik bestuur en
dit tot veldagteruitgang aanleiding gee. Met weiveldagteruitgang word meer oppervlakkige wortels in
verhouding tot bogrondse groei aangetref (op droëmassa basis bereken). ‘n Boer met veld in swak toestand gee gevolglik voorkeur aan ondergrondse
produksie in plaas van die optimalisering van bogrondse produksie. Dit maak sin dat veld in swak toestand
(pionierplante) meer wortels in die boonste grond lae
in verhouding tot bogrond het as veld in goeie
toestand, aangesien die pionierplante die grond moet
opbou in terme van organiese materiaal (humus) vir die
subklimaks- en klimaksplante wat later weer kan oorneem en opvolg.
Vir die sentrale grasveldgebied is vasgestel dat beide bo
- en ondergrondse produksie liniêr oor die groeiseisoen
toeneem met ‘n toename in plantbeskikbare water in
die grondprofiel. Voldoende plantbeskikbare water is
uitgewys as uiters belangrik gedurende die voorjaar vir
optimale bogrondse produksie by veld in goeie
toestand, teenoor hoë grondwater by veldagteruitgang
wat weer belangriker is vir optimale najaarse,
bogrondse groei. ‘n Boer met veld in goeie toestand
kan gevolglik verseker wees van ‘n redelik konstante
voervloeiprogram in die voorjaar, indien daar voldoende oordrag vog van die vorige seisoen in die grond
beskikbaar is, asook goeie lente reënval. Ongelukkig
word hierdie periode gewoonlik gekenmerk deur lae
temperature wat die aanvangsproduksie kan benadeel.
Alhoewel die reënval later in die seisoen baie meer
betroubaar is, sal die grasse nie so gunstig op goeie
reënval reageer soos wat die geval gedurende die
voorjaar is nie. Dit bring mee dat met lae voorjaarse
reënval, die veeboer hom kan klaarmaak vir laer
seisoenale plantproduksie ten spyte daarvan dat die
reënval oor die res van die seisoen normaal of bonormaal mag wees. Ongeag die hoeveelheid grondwater beskikbaar, sal veld in swak toestand ook swak
daarop reageer in terme van bogrondse produksie.
Wortelproduksie by veld in goeie toestand neem ook
liniêr toe met ‘n toename in plantbeskikbare water oor
die groeiseisoen, teenoor ‘n toename in wortelafsterwing gedurende die dormante winterperiode.
Hierdie wortelafsterwing moet nie as iets negatief
beskou word nie. Dit vorm ‘n belangrike komponent
van die funksionering van die weidingekosisteem
omdat organiese materiaal (humus) daardeur in die
grond aangevul word. Organiese materiaal in die grond
vorm die ratwerk vir die optimale funksionering van die
weidingekosisteem. By veld in swak toestand in die
sentrale grasveld word ‘n afname in wortelmassa en
afsterwing reeds vanaf die maande Maart/April
aangetref. Weens die beter verspreide wortelstelsel,
benut veld in goeie toestand feitlik die hele spektrum
van plantbeskikbare water in die grondprofiel oor die
seisoen, teenoor veld in swak toestand waar slegs ‘n
gedeelte daarvan benut word. In laasgenoemde geval