Agri Kultuur Julie / July 2014 | Page 34

sal anders lyk. Wees egter bedag daarop om nie te oorkapitaliseer nie. Die mooiste kleinskaalsestelsels vir die agterplaas kan van die winkelrak af gekoop word, maar dit is gewoonlik taamlik duur en die stelsel kan teen `n fraksie van die prys self gebou word. Die slaaiplantjie saailinge kos sowat 80 sent elk by ‘n kwekery. Die uitge -groeide slaai plant met wortels aan kan as ‘n lewende slaai plant teen R 7,00 per plant aan die winkel verkoop word. Die winkel sal dit weer teen R 11,00 kan verkoop aan die verbruiker. Dié slaaiblare word dan van buite af gebruik en omdat die plant nog lewe met sy wortels aan, bly die binneste blare langer vars. Dit is dus raadsaam om van meet af aan jou eie begroting of koste-struktuur op te stel vir jou beplande akwaponikaprojek. Ons akwaponikanavorsing is nog maar aan die beginstadium en ons het nog baie om te leer. Die uitdagings vir die akwaponikategnologie lê onder andere daarin om dit ekonomies volhoubaar te kan doen, die water in die winter warm te hou vir die tilapia visse en die bemarking van die plante effektief te bestuur. Akwaponika Werkwinkels by die Universiteit van Stellenbosch:  Inleiding tot Akwaponika – 26 September 2014  Basiese Aspekte van Akwaponika - 17 Oktober 2014  Gevorderde Aspekte van Akwaponika - 24 Oktober 2014 Vir meer inligting oor Akwaponika, Kontak Henk Stander, Algemene Bestuurder van die Akwakultuur Divisie in die Departement van Veekundige Wetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch. E-pos: [email protected]