Agri Kultuur Julie / July 2014 | Page 33

Slaaiplante word bemark as “lewende plante” sies. Die optimum temperatuur vir groei is gewoonlik 24 tot 32˚C. Meeste plante verkies `n temperatuur van 20 tot 25˚C en `n pH van 5,8 tot 6,5. By plante kan daar bykans enige plantspesie gekweek word waaronder waterplante, kruie, snyblomme, groentes en selfs vrugte. Dit hang af wat die doel, behoefte en verwagting is in elke afsonderlike geval. Vra jouself voor die tyd wat is jou doelwit: wil jy net vars slaai en groente vir jou huishouding produseer of wil jy geld maak uit die stelsel uit? Indien jy `n winsmotief het sal daar vooraf marknavorsing gedoen moet word in jou omgewing en sal daar waarskynlik gefokus word op hoër waarde plantspesies. Wortels in drywende vlot stelsel Verskillende Modelle Die verbouing van die plante kan volgens verskillende modelle in `n akwaponika stelsel gedoen word. Die drywende vlot model, torings en vertikalegroei model word meestel vir kruie en slaaie gebruik wat nie baie ondersteuning nodig het nie terwyl die media-gebaseerde groeibeddings ook vir swaarder plantspesies soos bolplante en plante wat swaar dra soos tamaties en selfs vrugtebome gebruik kan word. Die plante se voedingswaarde wissel van dag tot dag afhangende van blootstelling aan sonlig vir fotosintese en toediening van voedingstowwe. Elke plantspesie se voedingsbehoefte is verskillend. Die plante sal nie al hulle voedings- Vertikalegroei model towwe van die water en visse af kan kry nie en addisionele plantbyvoeding moet gegee word. Die 3 elemente wat meestal benodig sal word in `n akwaponikastelsel is kalium, kalsium en yster. By die laer plantspesies soos byvoorbeeld blaarslaai sal daar bykans geen of die minimum addisionele voedingstowwe gegee hoef te word. Dit is ook belangrik dat die plantwortels aan genoeg lug blootgestel moet word anders sal verrotting plaasvind. Daar word van `n lugpomp gebruik gemaak om die plantwortels in die drywende vlotmodel te belug waar die wortels van die plant permanent in die water hang. Finansiële Aspekte Elke akwaponikastelsel se begroting Kommersiële stelsel