Artikel en foto’s verskaf deur World Focus
M
et die verlaagde
reënval van verlede
seisoen, toon al hoe
meer grond - en
waterontledings
verhoogde vlakke van natrium (Na).
Die potensiaal vir ’n negatiewe invloed op die komende seisoen is ’n
realiteit aangesien sekere wintergewasse onder besproeiing, reeds
tekens toon van verhoogde Na
vlakke.
Sekere groente gewasse toon ook
verlaagde gewig en opbrengs
weens verlaagde K en Ca vlakke in
die plante, wat toegeskryf kan word
aan die verhoogde Na vlakke in die
water en grond.
Drie redes waarom ‘n oormaat Na
plante negatief kan beïnvloed:
Na:K verhouding t.o.v. K
opname
Die invloed op die plantsap i.t.v
die verhoudings van die
verskillende katione wat sg.
“ontwatering” tot gevolg kan
hê.
Dit beïnvloed wortel vorming en
die gevolglike Ca opname in
plante.
Kalsium speel ’n belangrike en
unieke rol in gewasverbouing.
Dit is een van die belangrikste en
soms mees onderskatte plantvoedings aangesien Ca nie altyd
as ‘makro’-voedingstof gesien
word nie. Die essensiële funksies
van Ca sluit die spektrum in vanaf selstruktuur in plante tot die
deurlugting in grond. Verder is
daar die minder bekende
Calmodulin (Calcium modulated
protein), ’n lewensbelangrike
ensiem by plant - en dierselle wat
afhanklik is van Ca en ‘n belangrike rol speel by:
Die energiesisteem van plante ADP ➞ ATP
Polariteit van selle
Afskeidings van selle insluitende beskerming teen
swamme
Groei en seldeling
Genetiese uitdrukking in
voortplanting/vrugvorming
(Gene expression)
Wat Ca verder uniek maak is die feit
dat dit die enigste voedingstof is
wat van die wortels na die blare/
groeipunte beweeg.
(Marschner,1995)
Dit kan nie in die floëem terugbeweeg vanaf die vrugte of blare
na die wortels nie. Vir die rede sal
’n effektiewe blaarbespuiting, met
‘n Ca inhoud slegs die Ca tekorte in
die area wat gedek is deur bespuiting, verlig. Complex Super Ca is een
van die effektiewe produkte. ‘n
Tekort aan Ca in die wortelsone kan
tot die afsterf van die wortelselle
Kuilvoer mielies wat met Ultra Fyn Gemikroniseerde Gips behandel is. 5Kg/Ha breedwerpig met trekkerspuit direk na plant. Daar is ook 1L/ha Gliogrow 10dae voor pluim deur die spilpunt toegedien.