minste die veld sien maar deesdae
se “skaars” wild met al die kleure
waarin hulle voorkom is niks anders
as hokbokke nie. Hulle leef op klein
areas waar daar skaars kos vir die
termiete oor is wat nog van ‘n
blaartjie of grassie vir die bokke
self. Dit is so ver verwyder van wat
“wildplaas” beteken dat ons eintlik
die taalkundiges moet nader hark
om ‘n nuwe term vir die storie te
skep.
Gelukkig is daar wildplaaseienaars
wat benewens die aanloklikheid van
miljoene vir hokbokke, steeds hulle
plase soos reservate bestuur. Sulke
plase is dit wat biodiversiteit bevorder en ondersteun. In die veld moet
jy skerp wees want die groot verskeidenheid oë en ore in die veld
maak dit ‘n groot uitdaging om te
jag. Dis hier waar die aasvoël nog
welkom is. Dis hier waar die bakoorvos nog laatmiddag in die son
met sy nuwe werpsel kleintjies kan
speel. Dis hier waar die miskruiers
steeds die bolle rol en die jagter
met hul manewales amuseer. Dis
Photo://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/3/3d/
Flightless_Dung_Beetle_Circellium_Bachuss,_Addo_Elephant_National_Park,_South_Africa.JPG
ook hier waar die rooijakkals die
veeboer kopsere gee maar waar
die veeboer planne maak om die
skaapdief te fnuik sonder om alles
dood te maak. Dis ook hier waar
die veldbees se vleis ‘n onweerstaanbare geur oor die braaivleisvuur uitbasuin. Sonder die ekstensiewe veeboer sal die skaaptjoppies
maar goed met die speserye getakel moet word.
Daar is gewis ‘n plek vir intensiewe
veeboerdery veral gegewe die
massiewe mensdom met sy groot
kosbehoefte. Maar as ons die wildstapel met klein kampies begin
inhok, elke bok ‘n naam en ‘n
oorplaatjie gee en dan hoop die
jagters gaan daarin belangstel, dan
flous ons onsself. Jagters wil hul
jagaktiwiteite beoefen in die veld
waar hulle aan die biodiversiteit
van die natuur blootgestel word en
bitter belangrik is dat die wild
werklike wilde diere moet wees. Dis
juis op die ekstensiewe wildplaas
waar die jagter ‘n totale jagervaring
beleef met die veld, die diere, die
plante en alles wat daarin is.
Ekstensiewe wildboere is ‘n
steunpilaar vir bewaring!
Photo: Anton Simon
Kontak dr Gerhard Verdoorn
[email protected]
082-446-8946